Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 17

:
Afrikaans - AFR20
1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom.
2 Dit is beter vir hom dat 'n maalklip om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie geringes laat struikel.
3 Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom.
4 En as hy sewe maal op een dag teen jou sondig, en sewe maal na jou terugkom en sê, ‘Ek het berou’, moet jy hom vergewe.”
5 Toe die •apostels vir die Here: “Gee ons meer geloof!”
6 En die Here antwoord: “As julle geloof soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie wildevyeboom gesê het, ‘Trek jou wortels uit die grond en gaan plant jouself in die see,’ en hy sou na julle geluister het.
7 “Wie van julle sal, as hy 'n slaaf het wat besig is om te ploeg of skape op te pas, vir hom sê, wanneer hy van die veld af kom, ‘Kom leun dadelik aan om te eet.’
8 Sal hy nie eerder vir hom sê, ‘Maak vir my iets gereed om te eet, omgord jou heupe en bedien my, totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink!’ nie?
9 Hy bedank tog nie die slaaf net omdat hy sy opdragte uitgevoer het nie!
10 Dieselfde geld vir julle: Wanneer julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, dan, ‘Ons is nikswerd slawe. Ons het net gedoen wat ons moes doen.’
11 Op 'n keer het Jesus op pad na Jerusalem deur die grensgebied tussen Samaria en Galilea gereis.
12 Toe Hy 'n sekere dorpie binnegaan, het tien melaatse mans Hom tegemoet gekom. Hulle het op 'n afstand bly staan
13 en uitgeroep: “Jesus, Meester, ontferm U tog oor ons!”
14 Toe Hy hulle sien, Hy vir hulle: “Gaan wys julleself vir die priesters.” Op pad daarheen is hulle gereinig.
15 Een van hulle het, toe hy sien dat hy gesond geword het, omgedraai en God met 'n harde stem geloof.
16 Hy het op sy gesig aan Jesus se voete neergeval en Hom gedank. Hy was 'n Samaritaan.
17 Jesus antwoord hom toe: “Is daar dan nie tien gereinig nie? Waar is die ander nege?
18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te loof, behalwe hierdie vreemdeling nie?”
19 Toe Hy vir die man: “Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered.”
20 Toe Jesus op 'n keer deur die •Fariseërs gevra is wanneer die •koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelik waarneembare tekens nie.
21 Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit!’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.”
22 Hy het aan sy dissipels gesê: “Daar kom 'n tyd wanneer julle sal begeer om maar één van die dae van die •Seun van die Mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie.
23 Dan sal die mense vir julle sê, ‘Kyk daar!’ of ‘Kyk hier!’ Moenie gaan nie, en moenie agter hulle aanloop nie.
24 Want soos 'n weerligstraal die hemel van die een kant af tot aan die ander kant verlig, sal die Seun van die Mens op sy dag verskyn.
25 Maar eers moet Hy baie lyding verduur en deur hierdie geslag verwerp word.
26 Net soos in die dae van Noag gebeur het, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die Mens.
27 Hulle het geëet, gedrink, in die huwelik getree en in die huwelik uitgegee, tot op die dag dat Noag die ark binnegegaan en die vloed gekom en almal vernietig het.
28 Net so het dit ook in die dae van Lot gegaan hulle het geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant en gebou;
29 maar op die dag dat Lot uit Sodom weggetrek het, het daar vuur en swael uit die hemel gereën en almal vernietig.
30 Dit sal net so wees op die dag wanneer die Seun van die Mens geopenbaar word.
31 Wie op daardie dag op sy dakstoep sal wees, met sy besittings nog in die huis, moenie ondertoe gaan om dit te gaan haal nie. Net so moet die een op die landerye nie terugdraai na wat agter is nie.
32 Onthou Lot se vrou!
33 Wie probeer om sy lewe te beveilig, sal dit verloor, maar wie dit verloor, sal dit behou.
34 “Ek vir julle: “Daardie nag sal twee mense op een bed wees die een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word.
35 Twee vroue sal besig wees om by dieselfde meul te maal die een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word.”
36 ...
37 Hulle vra toe vir Hom: “Waar, Here?” Hy antwoord hulle: “Waar die karkas lê, daar sal die aasvoëls ook versamel.”