Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 16

:
Afrikaans - AFR20
1 Jesus het ook vir sy dissipels gesê: “Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het, en dié is by hom daarvan aangekla dat hy sy besittings verkwis.
2 Hy het hom toe ingeroep en vir hom gesê, ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Doen verslag van jou bestuur van sake, want jy kan nie langer my bestuurder wees nie.’
3 Die bestuurder het by homself gedink: Wat moet ek doen, noudat my eienaar my bestuurderskap van my wegneem? Spit kan ek nie, en ek is te skaam om te bedel.
4 Ek weet wat ek gaan doen, sodat die mense my in hulle huise sal ontvang wanneer ek as bestuurder ontslaan is.
5 Hy het toe sy eienaar se skuldenaars een vir een ingeroep. Vir die eerste een het hy gevra, ‘Hoeveel skuld jy my eienaar?’
6 En hy het geantwoord, ‘Honderd bat olyfolie.’ Hy toe vir hom, ‘Vat jou skuldbrief en gaan sit en skryf gou vyftig.’
7 Hierna het hy vir 'n ander een gevra, ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy antwoord, ‘Honderd kor koring.’ Vir hom hy, ‘Vat jou skuldbrief en skryf tagtig.’
8 Die eienaar het die oneerlike bestuurder toe geprys, omdat hy verstandig opgetree het, want die kinders van hierdie wêreld tree verstandiger teenoor mekaar op as die kinders van die lig.
9 Ek vir julle, ‘Maak vir julle vriende deur middel van die oneerlike Mammon, sodat, wanneer dit tot 'n einde kom, hulle julle in die ewige wonings mag ontvang.’
10 Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan.
11 As julle dan nie betroubaar was wat die oneerlike Mammon betref nie, wie sal julle met die ware rykdom vertrou?
12 En as julle nie betroubaar was met 'n ander se goed nie, wie sal vir julle gee wat julle toekom?
13 Geen huiskneg kan twee base dien nie, want hy sal óf die een haat en die ander een liefhê, óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”
14 Die •Fariseërs, wat geldgierig was, het na al hierdie dinge geluister, en smalend oor Hom gepraat.
15 Hy toe vir hulle: “Dit is julle wat julleself voor die mense regverdig voordoen, maar God ken julle harte. Want dit wat deur mense hoog aangeskryf word, is 'n gruwel voor God.
16 Tot en met Johannes het die Wet en die Profete gegeld, maar van toe af word die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer met alle mag daar ingaan.
17 Maar dit is makliker vir die hemel en die aarde om tot niet te gaan as dat een strepie van die Wet wegval.
18 “Elkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk, en hy wat met 'n vrou trou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.”
19 “Daar was 'n ryk man wat klere van purperstof en fyn linne gedra en elke dag swierig feesgevier het.
20 Voor die ingang van sy huis het 'n bedelaar met die naam Lasarus gelê. Hy was oortrek van swere,
21 en het daarna gesmag om iets te ete te kry wat van die ryk man se tafel afgeval het, maar slegs die honde het sy swere kom lek.
22 Toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra om teen die bors van Abraham te rus. Die ryk man het ook gesterf en is begrawe.
23 En toe hy, van waar hy in Hades gefolter word, sy ophef, sien hy Abraham in die verte, met Lasarus teen sy bors.
24 Hy het geroep, ‘Vader Abraham! Wees my genadig, en stuur Lasarus om die punt van sy vinger in water te doop en my tong af te koel, want ek ly in hierdie vlam.’
25 Maar Abraham antwoord, ‘Kind, onthou dat jy gedurende jou lewe die goeie ontvang het, soos wat Lasarus die slegte ontvang het. Nou word hy hier getroos, maar jy word gepynig.
26 En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle gevestig, sodat diegene wat hiervandaan na julle wil oorgaan, nie kan nie, en diegene wat daar is, ook nie na ons kan oorkom nie.’
27 Toe die ryk man, ‘Dan smeek ek u, Vader, stuur hom na my pa se huis,
28 want ek het nog vyf broers. Hy kan hulle dan waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’
29 Maar Abraham sê, ‘Hulle het Moses en die Profete. Laat hulle na dié luister.’
30 ‘Nee, vader Abraham,’ antwoord hy, ‘maar hulle sal hulle bekeer as iemand uit die dood na hulle gaan.’
31 Hy het egter vir hom gesê, ‘As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle selfs as iemand uit die dood opstaan, nie oortuig word nie.’