Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jonah 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Maar dit het Jona erg ontstel, en hy het kwaad geword.
2 Hy bid toe tot die Here en sê: “Ag, Here, is dit nie wat ek gesê het toe ek nog in my land was nie? Daarom het ek vroegtydig na Tarsis gevlug, want ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, geduldig en oorvloedig in troue liefde, 'n God wat berou het oor die onheil.
3 Here, neem dan nou maar my lewe van my weg, want dit is vir my beter om te sterf as om te leef.”
4 Daarop die Here: “Is dit reg dat jy so kwaad is?”
5 Jona het by die stad uitgegaan en aan die oostekant gaan sit. Daar het hy vir hom 'n takskerm gemaak en daaronder in die skaduwee gaan sit, sodat hy kon sien wat met die stad gebeur.
6 Toe het die Here God 'n kasterolieplant beskik om oor Jona op te kom vir 'n skaduwee oor sy kop en om hom van sy onvergenoegdheid te bevry. Jona was baie bly oor die kasterolieplant.
7 Maar met dagbreek die volgende môre het God 'n wurm beskik. Dit het die kasterolieplant binnegedring, en dit het verlep.
8 Teen sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik, en toe die son op Jona se kop bak, het hy duiselig geraak en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Dit is vir my beter om te sterf as om te leef.”
9 Toe God vir Jona: “Is dit reg dat jy kwaad is oor die kasterolieplant?” Hy het geantwoord: “Ek is tereg tot die dood toe kwaad.”
10 Toe die Here: “Jy is besorg oor die kasterolieplant waarmee jy geen moeite gedoen het nie en wat jy nie laat groei het nie, wat oornag opgekom het en oornag tot niet is.
11 Maar Ek, Ek mag nie besorg wees oor Nineve nie, die groot stad waarin daar meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die verskil tussen regs en links nie ken nie, en ook nog baie diere?