Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

John 16

:
Afrikaans - AFR20
1 “Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle nie sal struikel nie.
2 Hulle sal julle uit die •sinagoges ban. Daar kom 'n tyd dat elkeen wat vir julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
3 En hulle sal dit doen, omdat hulle die Vader nie ken nie, en My ook nie.
4 Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer hulle tyd aanbreek, julle kan onthou dat Ek dit vir julle gesê het.” “Ek het hierdie dinge nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat Ek nog by julle was.
5 Maar nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het, en nie een van julle vra My, ‘Waarheen gaan U?’ nie.
6 Maar omdat Ek hierdie dinge vir julle gesê het, is julle harte vol droefheid.
7 Ek vertel julle egter die waarheid: Dit is voordelig vir julle dat Ek weggaan. As Ek nie weggaan nie, sal die Parakleet nie na julle kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.
8 En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van •geregtigheid en van oordeel:
9 “Van sonde, omdat hulle nie in My glo nie;
10 van geregtigheid, omdat Ek na die Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
11 van oordeel, omdat die heerser van hierdie wêreld reeds geoordeel is.
12 Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie.
13 Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak.
14 Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle bekend sal maak.
15 Alles wat die Vader het, is ook myne. Daarom het Ek gesê: Wat Hy van My ontvang, sal Hy ook aan julle bekend maak.”
16 Nog net 'n kort tydjie, dan sien julle My nie meer nie, en weer 'n kort tydjie, en dan sal julle My weer sien.”
17 Van sy dissipels het toe vir mekaar gesê: “Wat beteken dit wat Hy vir ons sê, ‘Nog net 'n kort tydjie, dan sien julle My nie meer nie, en weer 'n kort tydjie, en dan sal julle My weer sien’ en, ‘Ek gaan na die Vader’?”
18 Hulle het daarom bly sê: “Wat is hierdie kort tydjie waarvan Hy praat? Ons verstaan nie wat Hy nie.”
19 Jesus het geweet dat hulle dit vir Hom wou vra, en toe vir hulle: “Is dit waaroor julle mekaar uitvra, omdat Ek gesê het: Nog net 'n kort tydjie, dan sien julle My nie meer nie, en weer 'n kort tydjie, en dan sal julle My weer sien?
20 Amen, amen, Ek vir julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees; julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.
21 'n Vrou ervaar pyn wanneer sy kraam, omdat haar tyd aangebreek het. Maar wanneer sy aan die kindjie geboorte skenk, onthou sy nie meer die swaarkry nie uit blydskap dat 'n mens in die wêreld gekom het.
22 Daarom ervaar julle nou ook pyn; maar Ek sal julle weer sien, en dan sal julle harte bly wees, en niemand sal julle blydskap wegneem nie.
23 En op daardie dag sal julle My niks meer vra nie. Amen, amen, Ek vir julle: Wat julle die Vader in my Naam vra, sal Hy aan julle gee.
24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Vra, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
25 “Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse vir julle gesê. Daar kom 'n tyd dat Ek nie meer deur gelykenisse met julle sal praat nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.
26 Op daardie dag sal julle in my Naam bid. Daarmee Ek nie vir julle dat Ek tot die Vader vir julle sal bid nie;
27 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefhet en glo dat Ek van God gekom het.
28 Ek het van die Vader af gekom en in die wêreld ingegaan. Ek verlaat weer die wêreld en gaan terug na die Vader.”
29 Sy dissipels toe: “Kyk, nou praat U openlik en vertel nie gelykenisse nie.
30 Nou weet ons dat U alles weet, en dat niemand U nog hoef uit te vra nie. Daarom glo ons dat U van God af gekom het.”
31 Jesus het hulle geantwoord: “Glo julle nou?
32 Kyk, daar kom 'n uur, en dit het reeds aangebreek, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie huis, en My alleen sal agterlaat. Ek is egter nie alleen nie, omdat die Vader by My is.
33 Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin.