Job 40AFR20

1Die Here het Job uit 'n stormwind geantwoord; Hy het gesê:

2“ Omgord maar jou heupe soos 'n man! Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in!

3Wil jy werklik my beslissings dwarsboom, My skuldig verklaar, sodat jy gelyk kan hê?

4Of het jy 'n arm soos dié van God? Kan jy soos Hy jou stem laat donder?

5Tooi jou dan met majesteit en aansien; klee jou met luister en glans.

6Laat jou woedebuie oral uitbars; sien elkeen raak wat verwaand is en verneder hom.

7Sien elkeen raak wat verwaand is en dwing hom op sy knieë. Vertrap goddeloses net daar waar hulle is.

8Verberg hulle saam in die stof. Hou hulle gevange in die verborgene.

9Selfs Ek sal jou dan prys, omdat jou regterhand jou te hulp gekom het.

10“Kyk na Behemoot, wat Ek gemaak het, soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos 'n bees.

11Kyk na die krag in sy kruis. En sy manlike krag, dit is in die spiere van sy buik.

12Hy maak sy stert styf soos 'n seder, die senings van sy dye is ineengevleg.

13Sy gebeente is bronspype, sy bene soos ysterstawe.

14Hy is die voortreflikste van God se werke; Hy wat hom gemaak het, het sy swaarde verskaf.

15Ja, die opbrengs van die berge word na hom aangedra, daar waar al die diere van die veld baljaar.

16Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.

17Lotusbome bedek hom met skaduwee; rivierwilgers omring hom.

18Kyk, die rivier kan maar afkom, hy gee nie haastig pad nie; hy bly rustig, al stu die Jordaan teen sy bek.

19Sal iemand hom aan sy oë beetpak, met stokke sy neus deurboor?

20“Kan jy 'n leviatan aan 'n hoek intrek, met 'n tou sy tong onder bedwang bring?

21Kan jy 'n biesie deur sy neus sit, met 'n doring sy wang deurboor?

22Sal hy baie smeekbedes tot jou rig, of saggies met jou praat?

23Sal hy 'n ooreenkoms met jou sluit, dat jy hom as lewenslange slaaf neem?

24Kan jy met hom speel soos met 'n voël, hom vasbind vir jou dogters?

25Sal handelsvennote oor hom onderhandel, hom tussen handelaars verdeel?

26Kan jy sy vel vol harpoene steek, en sy kop vol visspiese?

27As jy jou hand op hom plaas, sal jy die geveg onthou; jy sal dit nie weer doen nie.

28Kyk, enige verwagting om hom te vang, is misplaas. Sal selfs net sy voorkoms nie 'n mens laat neerslaan nie?

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Job 40.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.