Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 34

:
Afrikaans - AFR20
1 Elihu het toe voortgegaan en gesê:
2 “Luister na my woorde, wyses! Kenners, hoor my aan!
3 Die oor toets immers woorde soos die tong kos proe.
4 Wat reg is laat ons dit vir onsself uitmaak; laat ons onder mekaar kennis neem van wat goed is.
5 Want Job het gesê, ‘Ek het gelyk; God het my my reg ontneem.
6 Sal ek lieg teen my regte in? Ongeneeslik is my pylwond sonder dat ek 'n oortreding begaan het.’
7 Wie is daar nog soos Job wat 'n gespot soos water drink,
8 hom in die geselskap bevind van dié wat onreg pleeg en wat saamloop met goddelose manne?
9 Hy het immers gesê, ‘Dit baat 'n man nie as hy 'n goeie verhouding met God het nie.’
10 Daarom, verstandige manne, luister na my: God sal nooit ooit goddeloos optree nie, of die Almagtige ooit onreg pleeg nie.
11 Ja, Hy vergeld 'n mens sy dade; volgens sy gedrag laat Hy hom dit ervaar.
12 Boonop staan dit vas: God maak Hom aan niks skuldig nie; die Almagtige verdraai nie die reg nie.
13 Wie het die aarde aan Hom toevertrou? Wie het die hele wêreld daargestel?
14 As Hy net aan Homself sou aandag gee, sy Gees en asem by Homself sou hou,
15 sal alles wat leef, saam tot niet gaan, en die mens tot stof terugkeer.
16 “As daar dan by jou insig is, luister hierna; neem kennis van die bedoeling van my woorde!
17 Kan iemand wat die reg haat, hoegenaamd regeer? Of kan jy die Regverdige, die Magtige, skuldig verklaar,
18 Hy wat vir 'n koning sê, ‘Booswig!’ vir vooraanstaandes, ‘Goddeloses!’
19 Hy wat nie partydig is vir bevelvoerders nie, wat nie aan vooraanstaande mense voorkeur gee bo armes nie, omdat hulle almal die werk van sy hande is?
20 Binne 'n oomblik sterf hulle in die middel van die nag. Mense word geskud en gaan heen. Magtiges word sonder menslike ingryping verwyder.
21 Want God se is gerig op die mens se paaie; al sy treë hou Hy dop.
22 Daar is geen donker, geen pikdonkerte, waar hulle wat onreg pleeg, kan wegkruip nie.
23 Dit berus immers nie by 'n mens om 'n vaste tyd te bepaal om na God te gaan met 'n regsaak nie.
24 God verpletter magtiges sonder 'n ondersoek, Hy plaas ander in hulle plek.
25 Daarom is Hy vertroud met hulle dade; Hy werp hulle oornag omver, sodat hulle verpletter daar lê.
26 Daar waar die goddeloses is, tref Hy hulle, op 'n plek waar mense dit kan sien
27 omdat hulle agter Hom wegdraai en nie ag slaan op al sy paaie nie
28 sodat die hulpgeroep van armes Hom kan bereik, en Hy die noodkreet van magteloses kan hoor.
29 As Hy stil is, wie kan veroordeel? As Hy sy gesig verberg, wie kan Hom sien? Maar oor 'n nasie sowel as oor die mensdom het Hy beheer,
30 sodat iemand wat 'n godlose is, nie sal regeer nie, en daar nie vangstrikke vir die volk sal wees nie.
31 As iemand vir God sou sê, ‘Ek het skuld op my gelaai, ek sal my nie meer sleg gedra nie;
32 leer U my wat ek nie raaksien nie,’ of ‘as ek onreg gepleeg het, ek sal dit nie weer doen nie,’
33 dink jy dan dat God hom moet vergeld, omdat jy hom verwerp het? Jy is immers die een wat moet kies, nie ek nie. Wat jy weet, dit!
34 Verstandige manne, ja, 'n wyse man wat na my luister, sal vir my sê,
35 ‘Job is die een wat sonder kennis praat; sy woorde is sonder insig.
36 Mag Job tot die uiterste getoets word, omdat hy antwoord soos misdadigers;
37 want hy voeg oortreding by sy sonde; onder ons saai hy twyfel. Hy stapel sy woorde teen God op.’