Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Jeremiah 23

:
Afrikaans - AFR20
1 “Wee die herders wat die kleinvee van my weiveld ten gronde laat gaan en hulle uitmekaarjaag,” is die uitspraak van die Here.
2 “Daarom, so Ek, die Here, die God van Israel, oor die herders wat my volk moet laat wei, ‘Dit is julle wat my kleinvee uitmekaar gejaag en verdryf het. Julle het nie vir hulle verantwoordelikheid aanvaar nie. Kyk, Ek gaan julle tot verantwoording roep oor julle bose dade,’ is die uitspraak van die Here.
3 ‘Maar Ek self sal dié wat oor is van my kleinvee bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het, en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld. Dan sal hulle vrugbaar wees en vermeerder.
4 En Ek sal herders oor hulle aanstel, en dié sal hulle laat wei. Hulle sal nie meer bang of verskrik wees of vermis word nie,’ is die uitspraak van die Here.
5 “Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer Ek vir Dawid 'n regverdige loot sal laat opkom. Hy sal as koning regeer en verstandig optree; hy sal in die land reg en geregtigheid handhaaf.
6 In sy dae sal Juda verlos word, en Israel sal veilig woon. En dit sal sy naam wees wat hy genoem word, ‘Die Here is ons geregtigheid.’
7 “Daarom, kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer hulle nie meer sal sê, ‘So waar as die Here leef, wat die Israeliete uit Egipteland laat optrek het nie,’
8 maar, ‘So waar as die Here leef, wat die nageslag van die huis van Israel laat optrek en gebring het uit 'n land in die noorde, en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het.’ En hulle sal weer op hulle grond woon.”
9 Oor die profete. My hart is gebreek in my binneste; my hele gebeente bewe. Ek het geword soos iemand wat dronk is, soos 'n man wat deur wyn oorweldig is en dit vanweë die Here, vanweë sy heilige woorde.
10 Want van egbrekers is die land vol, ja, vanweë vervloeking verdor die land; die weivelde van die woestyn verdroog. Wat hulle najaag, is boosheid, en hulle krag in wat nie reg is nie.
11 “Ja, profeet sowel as priester is besoedel; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind,” is die uitspraak van die Here.
12 “Daarom sal hulle pad vir hulle word soos glibberige plekke in die donker; hulle sal gestamp word en daarop val. Want Ek bring onheil oor hulle in die jaar waarin daar van hulle rekenskap geëis word,” is die uitspraak van die Here.
13 By die profete van Samaria het Ek iets onbehoorliks gesien: Hulle het in die naam van Baäl geprofeteer en my volk Israel laat afdwaal.
14 Maar by die profete van Jerusalem het Ek iets afskuweliks gesien: Hulle pleeg egbreuk en leef 'n leuen; hulle sterk die hande van boosdoeners, sodat niemand wegdraai van sy boosheid nie. Hulle almal het vir My geword soos Sodom, en die inwoners soos Gomorra.”
15 Daarom, so die Here, Heerser oor alle magte, oor die profete: “Kyk, Ek laat hulle wildeals eet, en laat hulle giftige water drink; want van die profete van Jerusalem af het goddeloosheid uitgegaan na die hele land.”
16 So die Here, Heerser oor alle magte: “Moenie luister na die woorde van die profete, wat hulle vir julle profeteer nie; hulle gee julle vals hoop. Visioene uit hulle eie hart verkondig hulle uit die mond van die Here kom dit nie.
17 Hulle hou aan vir dié wat My verag, ‘Die Here het gesê: Vrede sal daar vir julle wees!’ En vir elkeen wat die verstoktheid van sy hart volg, vir dié hulle, ‘Onheil sal julle nie tref nie!’
18 Maar wie het gestaan in die vertroulike vergadering van die Here? Wie het sy woord beleef en gehoor? Wie het aandagtig geluister na sy woord en dit gehoor?
19 Daar kom die Here se stormwind! Woede het losgebreek 'n werwelstorm! Dit kolk bo die koppe van goddeloses.
20 Die toorn van die Here sal nie bedaar nie, totdat Hy die planne van sy hart uitgevoer, dit tot stand gebring het. Aan die einde van die dae sal julle dit ten volle verstaan.
21 Ek het nie die profete gestuur nie, maar hulle hardloop. Ek het nie met hulle gepraat nie, maar hulle profeteer.
22 As hulle in my vertroulike vergadering gestaan het, sou hulle my volk my woorde laat hoor en hulle laat omdraai het van hulle bose pad en van hulle bose dade.
23 “Is Ek net 'n God wat naby is,” is die uitspraak van die Here, “en nie ook 'n God wat ver is nie?
24 Of kan iemand in geheime plekke wegkruip, en Ek hom nie sien nie? is die uitspraak van die Here. “Vul Ek nie die hemel en die aarde nie?” is die uitspraak van die Here.
25 “Ek het gehoor wat die profete sê, hulle wat in my Naam leuens profeteer deur te sê, ‘Ek het gedroom, ek het gedroom!’
26 Hoe lank sal dit voortbestaan in die harte van die profete wat leuens profeteer, wat die misleiding van hulle eie harte profeteer,
27 hulle wat daarop uit is om my volk my Naam te laat vergeet met hulle drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle voorouers my Naam vergeet het deur Baäl?
28 Die profeet wat 'n droom het, moet die droom vertel; maar wie my woord het, moet my woord betroubaar verkondig. Hoe vergelyk strooi met gedorste graan?” is die uitspraak van die Here.
29 “Is my woord nie so nie soos 'n vuur,” is die uitspraak van die Here, “soos 'n hamer wat rots stukkend kap?
30 Daarom, dit is Ek teen die profete,” is die uitspraak van die Here, “hulle wat my woorde by mekaar steel!
31 Dit is Ek teen die profete,” is die uitspraak van die Here, “hulle wat hulle tonge gebruik en verklaar, ‘Dit is 'n uitspraak!’
32 Dit is Ek teen hulle wat vals drome as profesieë voorhou,” is die uitspraak van die Here, “dit oorvertel, en my volk laat afdwaal met hulle leuens en roekeloosheid. Dit is nie Ek wat hulle gestuur en hulle die opdrag gegee het nie. Hulle hou hoegenaamd geen voordeel in vir hierdie volk nie,” is die uitspraak van die Here.
33 “As hierdie volk of 'n profeet of priester vir jou vra, ‘Wat is die godspraak van die Here?’ moet jy vir hulle sê, ‘Watter godspraak? Ek gee julle prys dit is die uitspraak van die Here.
34 En die profeet of priester of die volk wat sê, ‘godspraak van die Here! Ek sal van daardie man en sy huis rekenskap eis.
35 So moet julle elkeen vir sy vriend en vir sy volksgenoot sê, ‘Wat het die Here geantwoord?’ of ‘Wat het die Here gesê?’
36 Maar van ‘godspraak van die Here mag julle nie weer melding maak nie. Want vir elkeen word sy eie woord die godspraak. Julle verdraai die woorde van die lewende God, die Here, Heerser oor alle magte, ons God.
37 So moet jy vir die profeet vra, ‘Wat het die Here jou geantwoord?’ of ‘Wat het die Here gesê?’
38 En as dit ‘godspraak van die Here is wat julle bly vra daarom, so die Here, omdat julle hierdie uitdrukking ‘godspraak van die Here gebruik, al het Ek 'n boodskapper na julle gestuur met die woorde, ‘Julle mag nie “godspraak van die Here nie,’
39 daarom kyk, Ek, Ek gaan julle beslis vergeet. Ek gaan julle en die stad wat Ek aan julle en julle voorouers gegee het, prysgee weg uit my teenwoordigheid.
40 Ek sal ewige skande oor julle bring, ewige vernedering wat nie vergeet sal word nie.”