Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 6

:
Afrikaans - AFR20
1 In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op 'n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul.
2 Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: Met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg.
3 Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.”
4 Die deurpenne in die drumpel het gebewe van die geluid van die een wat roep. Die tempel het vol rook geword.
5 Ek het gesê: “Wee my, want ek is verlore! Want ek is 'n mens met onrein lippe, en by 'n volk met onrein lippe woon ek. Ja, my het die Koning, die Here, Heerser oor alle magte, gesien.”
6 Een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool by hom wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het.
7 Hy het my mond aangeraak en gesê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, jou sondeskuld het gewyk, daar is vir jou sonde versoening gedoen.”
8 Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir ons gaan?” Ek toe: “Hier is ek, stuur my!”
9 Hy het gesê: “Gaan vir hierdie volk, ‘Luister goed, maar moenie verstaan nie; kyk goed, maar moenie begryp nie.’
10 Maak die harte van hierdie volk ongevoelig, maak hulle ore doof en smeer hulle toe, sodat hulle nie sien met hulle oë, met hulle ore nie hoor, en met hulle hart nie verstaan, en nie terugdraai en genees word nie!”
11 Daarop vra ek: “Tot wanneer, my Heer?” Hy het geantwoord: “Totdat die dorpe vervalle sonder inwoners, die huise sonder mense is, die land verval tot 'n woesteny,
12 en die Here die mense ver wegdryf, en die verlatenheid in die land groot is.
13 As daar nog 'n tiende in die land is, sal die land weer aan verwoesting uitgelewer wees. Tog sal by hulle 'n stomp oorbly, soos van 'n •terebintboom en 'n eikeboom wanneer hulle neergevel is. Die stomp van die land is 'n heilige geslag.