Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 20

:
Afrikaans - AFR20
1 In die jaar toe die tartan na Asdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, het hy oorlog gemaak teen Asdod en dit ingeneem.
2 In dié tyd het die Here by monde van Jesaja, seun van Amos, gesê: “Gaan, haal die rouklere van jou heupe af, en jou sandale, trek dit van jou voete af!” Hy het so gemaak en kaal en kaalvoet rondgeloop.
3 Die Here het gesê: “Soos my dienskneg, Jesaja, drie jaar lank kaal en met kaalvoete rondgeloop het, as 'n teken, as 'n voorteken wat betrekking het op Egipte en Kus,
4 so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus weglei, jonk en oud kaal en met kaalvoete, en met ontblote sitvlakke. Die naaktheid van Egipte!
5 Die bondgenote sal verskrik en beskaamd wees vanweë Kus, hulle hoop, en vanweë Egipte, hulle pronkstuk.
6 Die bewoners van hierdie kusgebied sal op daardie dag sê, ‘Kyk, so gaan dit met ons hoop, waarheen ons vir hulp gevlug het om gered te word van die koning van Assirië. Hoe sal óns dan ontvlug?’