Isaiah 18AFR20

1Wee die land met die gevleuelde bote, anderkant die riviere van Kus,

2wat gesante stuur oor die see, in papirusbootjies oor die watervlak! Gaan, vinnige boodskappers, na 'n nasie wat lank en glansend is, 'n volk wat wyd en syd gevrees word, 'n sterk en seëvierende nasie, wie se land verdeel word deur riviere!

3Almal wat op die aarde woon, al julle bewoners van die wêreld, wanneer 'n banier op die berge opgesteek word, moet julle kyk; en wanneer 'n •ramshoring geblaas word, moet julle luister.

4Want so het die Here vir my gesê: “Ek sal rustig wees en uit my woonplek toekyk, soos versengende hitte in helder daglig, soos 'n newel in die hitte van die oestyd.

5Ja, voor die oes, wanneer die bottyd verby is, en die groen druiwe wat ryp word tot volle bloei kom, word die lote met snoeimesse afgesny, en die hegranke verwyder, afgebreek.

6Hulle word saam agtergelaat vir die roofvoëls op die berge en diere van die land. Die roofvoëls sal die somer daarop deurbring, en al die diere van die land sal daarop oorwinter.”

7In daardie tyd sal geskenke gebring word vir die Here, Heerser oor alle magte, deur 'n volk wat lank en glansend is, 'n volk wat wyd en syd gevrees word, 'n sterk en seëvierende nasie, wie se land verdeel word deur riviere – na die plek toe waaraan die Naam van die Here, Heerser oor alle magte, verbonde is, na die berg Sion.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 18.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.