Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hebrews 10

:
Afrikaans - AFR20
1 Die wet bevat immers net 'n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie 'n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie.
2 Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou nie?
3 Maar deur dié offers word hulle nou jaarliks aan hulle sondes herinner;
4 want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik sondes wegneem.
5 Daarom Hy met sy koms na die wêreld: “Offerande en offergawe wou U nie nie, maar 'n liggaam het U vir My voorberei;
6 ja, •brandoffers en •reinigingsoffers het U nie tevrede gestel nie.
7 Toe het Ek gesê, ‘Kyk, hier is Ek om u wil te doen, o God! Dit is in die boekrol oor My geskryf.’
8 Eers Hy hierbo, “Offerandes en offergawes”, en “brandoffers en reinigingsoffers wou U nie hê, en het U nie tevrede gestel nie” dit is wat volgens die wet geoffer word.
9 Dan Hy: “Kyk, hier is Ek om u wil te doen!” Hy beëindig die eerste, sodat Hy die tweede tot stand kan bring.
10 Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus •Christus, eens en vir altyd.
11 Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie;
12 maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit.
13 Sedertdien wag Hy totdat sy vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak word.
14 Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.
15 Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het,
16 “Dit is dan die verbond wat Ek daardie dae met hulle sal sluit, die Here: Ek sal my wette in hulle harte gee, en dit op hulle verstand neerskryf,” Hy ook:
17 “Aan hulle sondes en aan hulle wettelose dade sal Ek glad nie meer dink nie.”
18 Waar daar vergifnis hiervoor is, word 'n offer vir sondes nie meer gebring nie.
19 Broers, ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom,
20 langs 'n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam,
21 en ons het 'n groot Priester oor die huis van God.
22 Laat ons daarom ingaan met 'n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van 'n slegte gewete, en ons liggame gewas met skoon water.
23 Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk, want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou.
24 Laat ons ons ook daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade,
25 sonder om ons eie samekoms te verwaarloos, soos sommige se gewoonte is; laat ons eerder mekaar aanmoedig, soveel te meer nog namate julle dié dag sien nader kom!
26 Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen, nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer 'n offer vir ons sondes oor nie,
27 maar wel 'n verskriklike verwagting van oordeel en intense vuur, wat God se teenstanders gaan verteer.
28 Wanneer iemand die •Wet van Moses verwerp het, het hy gesterf op grond van twee of drie se getuienis, sonder genade.
29 Hoeveel erger straf dink julle sal iemand verdien wat die •Seun van God vertrap het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, gering geag het, en die Gees van genade uitgedaag het?
30 Want ons ken Hom wat gesê het: “Aan My behoort die wraak; Ek sal vergeld.” en ook: “Die Here sal sy volk oordeel.”
31 Verskriklik is dit om te val in die hande van die lewende God!
32 Maar onthou die vroeër dae toe julle, nadat julle verlig is, 'n geweldige stryd van lyding deurstaan het.
33 Aan die een kant is julle deur beledigings en deur verdrukking openlik bespotlik gemaak; aan die ander kant het julle julle vereenselwig met dié wat so behandel word.
34 Ook het julle met die gevangenes medelye gehad, en die beslaglegging van julle besittings met vreugde aanvaar, omdat julle weet dat julle 'n beter en blywende besitting het.
35 Julle moet dus nie julle vrymoedigheid prysgee nie; dit hou 'n groot beloning in.
36 Julle het inderdaad volharding nodig, sodat julle, wanneer julle die wil van God gedoen het, die belofte kan verkry.
37 Want nog net “'n baie kort rukkie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie.
38 My regverdige sal deur geloof leef. As hy hom egter sou onttrek, het Ek geen behae in hom nie.”
39 Maar ons is nie deel van enige onttrekking wat tot ondergang lei nie, maar van die geloof wat lei tot behoud van die lewe.