Ezekiel 25AFR20

1Die woord van die Here het tot my gekom:

2“Mensekind, draai jou gesig na die Ammoniete en profeteer teen hulle.

3Jy moet vir die Ammoniete sê, ‘Hoor die woord van my Heer, die Here: So sê my Heer, die Here: “Omdat jy, Ammon, ‘Aha!’ gesê het vir my heiligdom toe dit ontheilig is, vir die land Israel toe dit verwoes is, vir die huis van Juda toe hulle in ballingskap gegaan het,

4daarom, kyk, Ek gaan jou aan mense uit die ooste as eiendom gee. Hulle sal hulle kampe in jou oprig, in jou hulle woonplekke vestig. Dit is hulle wat jou vrugte sal eet; dit is hulle wat jou melk sal drink.

5Ek sal Rabba 'n weiveld vir kamele maak, by die Ammoniete 'n lêplek vir kleinvee inrig. Julle sal besef dat Ek die Here is.”

6“ ‘Ja, so sê my Heer, die Here: “Omdat jy jou hande geklap en jou voete gestamp het, en innerlike vreugde gevind het in jou veragting vir die land Israel,

7daarom, kyk, “Ek strek my hand teen jou uit; Ek gee jou as 'n buit aan die nasies; Ek roei jou uit onder die volke; Ek laat jou verdwyn uit die lande; Ek delg jou uit. Jy sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”

8“ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat Moab en Seïr sê, ‘Kyk, soos al die nasies, so is die huis van Juda ook maar’,

9daarom, kyk, Ek gaan die berghange van Moab blootstel, van die stede af, al sy stede tot die laaste een toe, die sieraad van die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon, ja, tot by Kirjatajim.

10Aan mense uit die ooste sal Ek die land as eiendom gee saam met die Ammoniete, sodat daar onder die nasies nie meer aan die Ammoniete gedink sal word nie.

11So sal Ek oor Moab oordele voltrek. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” ’ ”

12“ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat Edom met wraaksug opgetree het teen die huis van Juda, hulle volledig skuldig gemaak het deur op hulle wraak te neem,

13daarom,” so sê my Heer, die Here, “strek Ek my hand uit teen Edom. Ek sal mens en dier daaruit uitroei. Ek sal die land 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan, en deur die swaard sal hulle val.

14Ek sal my wraak op Edom uitoefen deur die hand van my volk Israel. Hulle sal teen Edom optree ooreenkomstig my toorn en my woede. Edom sal my wraak leer ken.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”

15“ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat die Filistyne met wraak opgetree het, hulle met sielsveragting gewreek het, met die doel om te verwoes, op grond van 'n ewigdurende vyandskap,

16daarom,” so sê my Heer, die Here, “kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne; Ek gaan hierdie mense van Kreta uitroei. Ek gaan dié wat oorgebly het uit die kusvlakte vernietig.

17Ek gaan teen hulle optree met verskriklike wraak, hulle met woede straf. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek my wraak oor hulle bring.” ’ ”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Ezekiel 25.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.