Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Exodus 9

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Here het vir Moses gesê: “Gaan na die farao en vir hom: ‘So die Here, die God van die Hebreërs, “Laat my volk gaan, sodat hulle My kan dien.”
2 Want as jy aanhou weier om hulle te laat gaan en jy hulle steeds terughou
3 kyk, die hand van die Here is teen jou vee wat in die veld is. Onder die perde, die donkies, die kamele, die beeste en die kleinvee sal daar 'n baie swaar pessiekte uitbreek.
4 Maar die Here sal onderskeid tref tussen die vee van Israel en die vee van Egipte, sodat niks van alles wat aan die Israeliete behoort, sal doodgaan nie.
5 Die Here het 'n vaste tyd bepaal en gesê: “Môre sal die Here dit in die land doen.”
6 Die Here het dit toe die volgende dag gedoen. Al die vee van die Egiptenare het gevrek, maar van die vee van die Israeliete het daar nie een gevrek nie.
7 Die farao het mense gestuur, en sowaar, van die vee van Israel was nie eers een dood nie. Maar die hart van die farao was onversetlik, en hy het die volk nie laat gaan nie.
8 Die Here het vir Moses en Aäron gesê: “Neem vir julle dubbele hande vol roet uit 'n oond. Moses moet dit voor die van die farao in die lug opgooi.
9 Dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland. Dit sal in die hele Egipteland op mens en dier swere word wat in oop sere uitbars.”
10 Hulle het toe roet uit 'n oond geneem en voor die farao gaan staan. Moses het dit in die lug opgegooi, en dit het swere geword wat op mens en dier in oop sere uitgebars het.
11 Die waarsêerpriesters kon nie voor Moses bly staan nie vanweë die swere, want die swere was op die waarsêerpriesters en op al die Egiptenare.
12 Maar die Here het die hart van die farao verhard, en hy het nie na hulle geluister nie, soos die Here vir Moses gesê het.
13 Die Here het vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en meld jou aan by die farao. vir hom, ‘So die Here, die God van die Hebreërs: “Laat my volk gaan, sodat hulle My kan dien.
14 Want hierdie keer gaan Ek jou met al my plae in die hart tref, ook jou amptenare en jou mense, sodat jy sal weet dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.
15 Want Ek kon nou al my hand uitgesteek en jou en jou volk met pessiekte getref het. Jy sou van die aarde af verdwyn het.
16 Maar aan die ander kant, om hierdie rede het Ek jou staande gehou, om jou my krag te toon, sodat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word.
17 Jy verhef jouself nog steeds teen my volk, deur hulle nie te laat gaan nie.
18 Kyk, môre teen hierdie tyd gaan Ek baie swaar hael laat neerreën, soos wat daar nog nooit in Egipte was nie, van die dag dat dit gevestig is tot nou toe.
19 Stuur dan nou mense, en bring jou vee en alles in die veld wat aan jou behoort, na veiligheid. Elke mens en dier wat hom in die veld bevind en nie na veiligheid gebring is nie op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.”
20 Van die farao se amptenare wat ontsag gehad het vir die woord van die Here, het hulle slawe en vee haastig na veiligheid gebring.
21 Maar dié wat nie die woord van die Here ter harte geneem het nie, het hulle slawe en vee in die veld agtergelaat.
22 Die Here het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit na die hemel, sodat daar hael sal val in die hele Egipteland, op mens en dier en op al die plante in die veld in Egipteland.”
23 Moses het toe sy staf na die hemel uitgesteek, en die Here het donderslae en hael beskik, terwyl weerligstrale op die grond neerslaan. Die Here het hael op Egipteland laat neerreën.
24 Daar was hael, en tussen die hael deur het weerligstrale aanhoudend geblits. Dit was 'n baie swaar haelbui, soos wat daar nog nooit in Egipteland was vandat hulle 'n nasie geword het nie.
25 Die hael het die hele Egipteland getref, alles wat in die veld was, mens en dier. Al die plante in die veld is deur die hael platgeslaan, elke boom in die veld is stukkend geslaan.
26 Net in die Gosenstreek, waar die Israeliete was, het daar nie hael geval nie.
27 Die farao het Moses en Aäron ontbied en vir hulle gesê: “Ek het hierdie keer gesondig. Die Here het gelyk en ek en my volk is verkeerd.
28 Pleit by die Here, want daar is genoeg donderslae van God, en hael; ek sal julle laat gaan, julle hoef nie langer te bly nie.”
29 Moses het vir hom gesê: “Sodra ek uit die stad is, sal ek my hande na die Here uitstrek. Die donderslae sal ophou en daar sal nie meer hael wees nie, sodat u kan weet dat die aarde aan die Here behoort.
30 Maar wat u en u amptenare betref, ek weet dat u nog nie vir die Here God ontsag het nie.”
31 Die vlas en die gars was weggeslaan, omdat die gars reeds in die aar was, en die vlas in die knopstadium.
32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, omdat dit eers later opkom.
33 Moses het van die farao af uit die stad gegaan en sy hande na die Here uitgestrek. Die donderslae en hael het opgehou en die reën het nie meer op die aarde neergegiet nie.
34 Toe die farao sien dat die reën en die hael en die donderslae ophou, het hy weer gesondig. Hy was onversetlik, hy en sy amptenare.
35 Die farao se hart was verhard en hy het nie die Israeliete laat gaan nie, soos die Here gesê het by monde van Moses.