Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Deuteronomy 34

:
Afrikaans - AFR20
1 Moses het uit die vlaktes van Moab teen die berg Nebo uitgeklim, na die kruin van Pisga wat teenoor Jerigo lê. Die Here het hom die hele land, van Gilead tot by Dan, gewys,
2 ook die hele Naftali, die streek van Efraim en Manasse, die hele streek van Juda tot by die see in die weste,
3 sowel as die Negev en die omstreke van die vallei van Jerigo, die Palmstad, tot by Soar.
4 Die Here het vir hom gesê: “Dit is die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob toe Ek gesê het, ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’ Ek het jou dit met jou eie laat sien, maar daarheen sal jy nie oorgaan nie.”
5 Toe het Moses, die dienskneg van die Here, daar in die land Moab op bevel van die Here gesterf.
6 Hy het Moses in die land Moab in die vallei teenoor Bet-Peor begrawe, en tot vandag toe weet geen mens waar sy graf is nie.
7 Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het. Sy het nie verswak en sy kragte nie afgeneem nie.
8 Die Israeliete het in die vlaktes van Moab dertig dae lank oor Moses getreur tot die routyd oor Moses verby was.
9 Josua, die seun van Nun, was vervul met 'n gees van wysheid, omdat Moses sy hande op hom gelê het. Die Israeliete het na hom geluister, soos die Here Moses beveel het.
10 Daar het nie weer 'n profeet soos Moses in Israel opgestaan nie. Die Here het hom van aangesig tot aangesig geken,
11 sodat hy al die tekens van mag en wonders waarvoor die Here hom gestuur het, kon doen in Egipteland aan die farao, aan al sy dienaars en die hele land
12 ja, die hele magsvertoon en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die van die hele Israel gedoen het.