Song of Solomon 7ABA

1Hy sê: “Prinses, jou twee voete is baie mooi in jou sandale, jou heupe lyk soos juwele wat 'n ambagsman gemaak het.

2Jou naeltjie is soos 'n ronde bak, vol kruiewyn, jou lyf is soos 'n hoop koring met blomme rondom.

3Jou twee borste is soos twee jong takbokkies, soos die tweeling-lammers van 'n gasel.

4Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë is soos die damme by die stad Gesbon, soos die damme by die poort van Bat-Rabbim, jou neus is soos die toring op die Libanon-berg wat na die stad Damaskus kyk.

5Jou kop is soos die Karmel-berg, jou hare is soos die klere wat konings dra, die koning hou aan om daarna te kyk.

6My liefste, jy is baie mooi, baie pragtig. Jy het baie dinge wat ek kan geniet.

7Jy staan so regop soos 'n palmboom, en jou borste is soos trosse dadels.

8Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom, ek wil sy trosse dadels pluk. Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe, jou neus moet ruik soos appels,

9jou mond moet smaak soos goeie wyn.” Sy sê: “Dit is soos wyn wat vloei na die man vir wie ek lief is, wyn wat saggies vloei oor die lippe van mense wat slaap!

10Ek behoort aan die man vir wie ek lief is, en hy verlang na my.”

11Sy sê: “Kom, man vir wie ek lief is, kom ons gaan uit die stad, kom ons gaan slaap in die dorpies.

12Kom ons gaan vroeg na die wingerde, kom ons gaan kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry, kom ons gaan kyk of die blomme oopgegaan het en of die granaatbome blom. Daar sal ek vir jou wys hoe lief ek vir jou is.”

13Sy sê: “Die liefdes-appels ruik baie lekker, daar is baie lekker vrugte voor ons deur, nuwe en ou vrugte. Man vir wie ek lief is, ek het dit vir jou gebêre.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.