Song of Solomon 6ABA

1Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue, waarnatoe het die man gegaan vir wie jy lief is? Waarnatoe is die man vir wie jy lief is? Ons sal saam met jou soek.”

2Sy sê: “Die man vir wie ek lief is, het afgegaan na sy tuin, na die kruie-tuin, om soos 'n takbok in die tuine te wei en om blomme te pluk.

3Ek behoort aan die man vir wie ek lief is, en hy is myne, hy wat tussen die blomme wei.”

4Hy sê: “My liefste, jy is so mooi soos die stad Tirsa, so mooi soos die stad Jerusalem, so mooi dat ek bang word vir jou.

5Jy moenie na my kyk nie, jou oë maak my senuweeagtig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat afkom teen Gilead-berg.

6Jou tande is so wit soos 'n trop skaap-ooie wanneer iemand hulle gewas het. Elke ooi het tweeling-lammers, en almal het lammers.

7Jou wange is soos stukke granaat agter jou sluier.

8“Die koning het 60 vroue en 80 byvroue en so baie jong vroue dat 'n mens hulle nie kan tel nie.

9Maar daar is net een vrou soos sy, sy is my duif, alles aan haar liggaam is perfek. Sy is die enigste dogter van haar ma, sy is die een vir wie haar ma baie lief is. Wanneer die ander jong vroue haar sien, dan sê hulle sy is gelukkig, die vroue en die byvroue van die koning prys haar.

10Hulle sê: ‘Wie is dit wat na ons toe kom soos 'n nuwe dag, so mooi soos die maan, so helder soos die son? Sy is so mooi dat ons bang word vir haar.’ ”

11Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaan om te kyk na die groen plante in die vallei, om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry en of daar blomme aan die granaatbome is.

12Ek weet nie wat met my gebeur het nie. Dit het gevoel of sy my laat ry op my volk se beste oorlogkarre.”

13Die vroue sê: “Sulammitiese vrou, jy moet terugkom, jy moet terugkom! Jy moet terugkom, jy moet terugkom, ons wil jou sien!” Sy sê: “Hoekom wil julle kyk na my, die Sulammitiese vrou, hoekom wil julle kyk wanneer ek dans in die soldate-kamp?”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.