Song of Solomon 2ABA

1Sy sê: “Ek is die affodil van Saron, die blom van die valleie.”

2Hy sê: “My liefste, wanneer jy tussen die jongmeisies is, dan is jy soos 'n blom tussen dorings.”

3Sy sê: “Wanneer die man vir wie ek lief is, tussen die jongmans is, dan is hy soos 'n appelboom tussen die bome in die bos. Ek wil graag in sy skaduwee sit, sy appels is soet in my mond.”

4Sy sê: “Hy het my geneem na 'n plek waar ons kon feesvier, hy het vir my gewys dat hy lief is vir my.

5Jy moet vir my rosyntjies gee om my sterk te maak, jy moet vir my appels gee, sodat ek nuwe krag kan kry, want ek het swak geword van liefde.

6Sy linker-arm is onder my kop, sy regter-arm is om my lyf.

7Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe, en die gaselle en die takbokke in die veld moet die getuies wees, julle moet belowe dat julle ons nie sal wakker maak en nie sal pla nie. Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluit wat om te doen.”

8Sy sê: “Ek hoor die man vir wie ek lief is, kyk daar, hy kom, hy gaan teen die berge op, hy spring oor die heuwels.

9Die man vir wie ek lief is, is soos 'n gasel, soos 'n jong takbok. Kyk daar, hy staan anderkant ons muur, hy kyk deur die vensters, hy loer deur die tralies.

10Die man vir wie ek lief is, begin praat, hy sê vir my: ‘My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom.

11Want kyk, die winter is verby, dit reën nie meer nie.

12Daar is weer blomme in die veld, dit is nou die tyd om te sing, ek hoor die duiwe koer in ons land.

13Die vyeboom laat sy vye groot word, jy kan ruik dat die wingerdstokke blomme kry. My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom.

14Jy is soos 'n duif tussen die rotse, 'n duif wat wegkruip teen die hoë rotse, ek wil jou sien, ek wil jou hoor, jou stem is mooi en jy is mooi.’ ”

15Sy sê: “Julle moet vir ons die jakkalse vang, die klein jakkalsies wat aan die wingerdstokke vreet, ons wingerdstokke wat nou begin blomme kry.

16Die man vir wie ek lief is, is myne, en ek is syne, hy is soos 'n takbok wat wei tussen die blomme

17totdat die aandwind waai en die skaduwees weg is. Jy, man vir wie ek lief is, jy moet terugkom, jy moet wees soos 'n gasel, soos 'n jong takbok op die Beter-berge.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.