Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 83

:
Afrikaans - ABA
1 'n Lied. 'n Psalm. Van Asaf.
2 O God, U moenie stilbly nie, U moenie maak of U niks hoor nie, U moet iets doen.
3 Want luister, u vyande raas, die volke wat nie vir U wil dien nie, dink hulle kan doen wat hulle wil.
4 Hulle maak slim planne teen u volk, hulle praat oor wat hulle wil doen teen die mense vir wie U beskerm.
5 Hulle sê: “Kom ons maak hulle almal dood sodat hulle nie meer 'n volk is nie en sodat niemand die naam Israel sal onthou nie.”
6 Ja, hulle besluit almal saam oor hulle planne, hulle maak 'n ooreenkoms, en die planne wat hulle maak, is teen U.
7 Die vyande is die Edomiete, die Ismaeliete, die mense van Moab en die Hagreërs,
8 die mense van Gebal en Ammon en Amalek, die Filistyne saam met die mense wat in Tirus woon.
9 Die mense van Assirië is ook saam met hulle, hulle help die kinders van Lot en maak hulle sterk. Sela
10 U moet met hulle doen soos U met die Midianiete gedoen het, soos met Sisera, soos met Jabin by die Kison-rivier.
11 Hulle het gesterf by En-Dor, hulle lyke het op die grond gelê en vrot.
12 U moet met hulle leiers doen soos U gedoen het met Oreb en Seëb. U moet al hulle leiers laat sterf soos Sebag en Salmunna.
13 Hulle is die mense wat gesê het: “Kom ons vat die land van God vir onsself.”
14 My God, U moet ons vyande soos tolbosse maak, soos kaf wat wegwaai voor die wind.
15 [15-16] U moet hulle volg en jaag met u stormwind soos vuur 'n bos laat brand, en soos 'n vuur berge aan die brand steek. U moet hulle skrikmaak met 'n wind wat alles wegwaai.
16 ***
17 U moet hulle laat besef dat hulle sal verloor, sodat hulle sal weet wie U is.
18 U moet hulle laat besef dat hulle nie kan wen nie, hulle moenie ophou skrik nie, dit moet so sleg gaan met hulle dat hulle sterf.
19 Hulle moet besef dat U die Hoogste God oor die hele aarde is, net U is God, u Naam is Here.