Psalms 83ABA

1'n Lied. 'n Psalm. Van Asaf.

2O God, U moenie stilbly nie, U moenie maak of U niks hoor nie, U moet iets doen.

3Want luister, u vyande raas, die volke wat nie vir U wil dien nie, dink hulle kan doen wat hulle wil.

4Hulle maak slim planne teen u volk, hulle praat oor wat hulle wil doen teen die mense vir wie U beskerm.

5Hulle sê: “Kom ons maak hulle almal dood sodat hulle nie meer 'n volk is nie en sodat niemand die naam Israel sal onthou nie.”

6Ja, hulle besluit almal saam oor hulle planne, hulle maak 'n ooreenkoms, en die planne wat hulle maak, is teen U.

7Die vyande is die Edomiete, die Ismaeliete, die mense van Moab en die Hagreërs,

8die mense van Gebal en Ammon en Amalek, die Filistyne saam met die mense wat in Tirus woon.

9Die mense van Assirië is ook saam met hulle, hulle help die kinders van Lot en maak hulle sterk. Sela

10U moet met hulle doen soos U met die Midianiete gedoen het, soos met Sisera, soos met Jabin by die Kison-rivier.

11Hulle het gesterf by En-Dor, hulle lyke het op die grond gelê en vrot.

12U moet met hulle leiers doen soos U gedoen het met Oreb en Seëb. U moet al hulle leiers laat sterf soos Sebag en Salmunna.

13Hulle is die mense wat gesê het: “Kom ons vat die land van God vir onsself.”

14My God, U moet ons vyande soos tolbosse maak, soos kaf wat wegwaai voor die wind.

15[15-16] U moet hulle volg en jaag met u stormwind soos vuur 'n bos laat brand, en soos 'n vuur berge aan die brand steek. U moet hulle skrikmaak met 'n wind wat alles wegwaai.

16***

17U moet hulle laat besef dat hulle sal verloor, sodat hulle sal weet wie U is.

18U moet hulle laat besef dat hulle nie kan wen nie, hulle moenie ophou skrik nie, dit moet so sleg gaan met hulle dat hulle sterf.

19Hulle moet besef dat U die Hoogste God oor die hele aarde is, net U is God, u Naam is Here.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 83.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.