Psalms 82ABA

1'n Psalm. Van Asaf. God het op sy troon gaan sit in die vergadering van die gode, Hy, die Regter, het vir die gode gesê wat Hy besluit het.

2Hy het gesê: “Hoe lank wil julle nog onregverdig oordeel en sê die mense wat verkeerd doen, is nie verkeerd nie? Sela

3Julle moet reg doen aan arm mense en aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie. Julle moet sê wanneer iemand reg is, ook iemand wat homself nie kan help nie, of iemand wat niks het nie.

4Julle moet mense vrymaak wat arm is en niks het nie, julle moet hulle red van mense wat verkeerd doen.

5“Maar julle weet niks, julle verstaan niks, julle doen net slegte dinge, dinge van die donker, en daarom word almal in die wêreld slegter.

6Ek het gesê julle is gode, julle is almal engele van die Hoogste God.

7Maar nou sê Ek: Julle sal sterwe soos mense, julle sal doodgaan soos die mense wat regeer.”

8O God, U moet self die mense van die aarde oordeel, want al die volke behoort aan U.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 82.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.