Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 80

:
Afrikaans - ABA
1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Blomme.” Asaf getuig. 'n Psalm.
2 O Herder van Israel, U moet luister. U wat die nageslag van Josef lei soos 'n herder sy skape en bokke lei, u troon is bokant die gerubs, U moet wys wie U is.
3 U moet dit wys vir die stamme Efraim, Benjamin en Manasse. U moet wys dat U sterk is, U moet ons kom red.
4 O God, U moet dit weer goed laat gaan met ons, U moet genadig wees en ons red.
5 Here, God wat oor alles regeer, hoe lank sal U kwaad bly en nie luister wanneer u volk bid nie?
6 U het ons baie swaar laat kry. Ons huil en treur die hele dag, ons trane hou nie op om te val nie.
7 U laat ons bure met mekaar stry oor wie ons land moet vat, ons vyande lag oor wat met ons gebeur.
8 O God, U wat oor alles regeer, U moet dit weer goed laat gaan met ons, U moet genadig wees en U moet ons red.
9 U het 'n wingerdstok uit Egipte geneem, U het volke uit hulle woonplek gejaag en U het die wingerdstok daar geplant.
10 U het 'n plek gereedgemaak vir die wingerdstok en dit het gegroei, oor die hele land tot by die see.
11 Die berge was in die wingerdstok se skaduwee, sy ranke was bo-oor die hoë sederbome.
12 Sy ranke het gegaan tot by die see, tot by die Eufraat-rivier.
13 Hoekom het U die muur afgebreek wat rondom die wingerdstok was? Elkeen wat op die pad verbykom, kon toe van sy druiwe pluk.
14 Die bosvarke trap die wingerdstok plat, die diere vreet dit op.
15 O God, U wat oor alles regeer, U moet asseblief afkyk uit die hemel en weer goed wees vir hierdie wingerdstok.
16 U self het die wingerdstok geplant, U het hom sterk laat word.
17 Die vyande het die wingerdstok verbrand, hulle het dit afgekap. U moet vir hulle wys dat U kwaad is, U moet hulle laat verdwyn.
18 Maar U moet die volk beskerm wat U vir Uself gekies het, hulle is die wingerdstok, en U het die wingerdstok sterk laat word.
19 Dan sal ons nie weer van U weggaan nie. As U ons laat lewe, dan sal ons U aanhou prys.
20 Here, God wat oor alles regeer, U moet weer goed wees vir ons, U moet genadig wees en ons red.