Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 79

:
Afrikaans - ABA
1 'n Psalm van Asaf. O God, heidene het gekom in die plek wat aan U behoort, hulle het u gewyde tempel ontwy, hulle het Jerusalem verwoes, en daar is nou net hope klippe.
2 Hulle het die lyke van u dienaars, die liggame van die mense wat in U glo, vir die voëls en die wilde diere gegee om te vreet.
3 Hulle het u dienaars se bloed soos water laat vloei rondom Jerusalem, en daar was niemand wat hulle begrawe het nie.
4 Ons bure beledig ons, die mense rondom ons lag vir ons en spot ons.
5 Here, hoe lank moet dit aanhou? Wil U altyd kwaad bly vir ons? Moet dit aanhou om ons te brand soos 'n vuur?
6 Dit is die heidene vir wie U kwaad moet wees, die mense wat nie vir U ken nie en wat nie tot U bid nie.
7 Want hulle het die nageslag van Jakob doodgemaak en hulle woonplek verwoes.
8 U moenie vir ons straf oor die sondes wat ons voorvaders gedoen het nie. U moet gou weer goed wees vir ons, want dit gaan baie sleg met ons.
9 O God, U wat ons elke maal gered het, U moet ons help, sodat almal sal weet dat U God is. U moet ons red en U moet ons sondes vergewe, sodat almal sal weet wie U is.
10 Die heidene vra: “Waar is hulle God?” U moet die heidene straf, ons wil sien hoe die heidene voel wanneer U hulle straf omdat hulle u dienaars doodgemaak het en hulle bloed laat vloei het.
11 U moet luister hoe kla en sug die gevangenes, U moet die mense wat naby die dood is, laat aanhou lewe. U is sterk, U kan dit doen.
12 Here, U moet aanhou om ons bure te straf omdat hulle U beledig het.
13 Dan sal ons, u volk, u eie mense, altyd aanhou om vir U dankie te sê. Ons sal vir elke geslag vertel hoekom hulle U moet prys.