Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 7

:
Afrikaans - ABA
1 'n Klaaglied van Dawid. Hy het hierdie lied vir die Here gesing oor iets wat Kus, van die Benjamin-stam, vir hom gesê het.
2 My God die Here, ek vra vir Ú om my te beskerm. Mense jaag my en hulle wil my vang, U moet my red en my vrymaak.
3 As U dit nie doen nie, dan sal hulle my doodbyt soos 'n leeu 'n dier doodbyt wanneer daar niemand is wat die dier kan red nie.
4 My God die Here, my vyande ek het verkeerde dinge gedoen,
5 hulle ek het my vriende verraai en ek het my vyande se goed gevat toe hulle niks verkeerd gedoen het aan my nie.
6 As dit waar is dat ek dit gedoen het, dan moet my vyande my vang en my doodtrap en in die stof laat lê. Sela
7 Here, U moet kwaad word, U moet my vyande aanval wat so kwaad is vir my, U moet my nou help. U het gesê mense moet reg doen aan mekaar.
8 U moet al die volke bymekaarbring by U en U moet hoog bo hulle gaan sit op u troon.
9 Here, dit is U wat die volke sal oordeel, U moet my Regter wees, U weet ek het reg gedoen en ek is onskuldig.
10 U toets 'n mens, U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink, U is die Regverdige God. Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen, laat ophou verkeerd doen, U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen.
11 U is my skild, o God, U beskerm mense wat eerlik is.
12 U is 'n regverdige Regter, o God, U is 'n God wat altyd mense straf wat skuldig is.
13 Die vyand hou nie op nie, hy maak sy swaard skerp, hy trek sy boog styf, hy wil my skiet.
14 Maar sy eie wapens sal hom doodmaak, die pyle wat hy maak, sal sy eie huis aan die brand steek.
15 Almal kan sien hy hou aan om verkeerde dinge te doen, hy laat mense swaarkry en hy lieg.
16 Maar hy sal self val in die diep gat wat hy vir my gegrawe het.
17 Hy wil my laat swaarkry en my seermaak, maar hy sal self swaarkry en seerkry.
18 Ek sal die Here prys wat reg sal doen aan my. Ek sal sing oor die Naam van die Here, die Hoogste God.