Psalms 6ABA

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek, met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2Here, U moenie vir my straf wanneer U kwaad is nie.

3Here, U moet jammer wees vir my en my help, want dit gaan sleg met my, U moet my gesond maak, want ek is baie siek.

4Ek is baie bang. Wanneer sal U my help?

5Here, U moet my weer red sodat ek nie sterf nie. Ek behoort aan U, U moet my red.

6Want 'n mens wat dood is, kan nie aan U dink nie. Niemand in die doderyk kan U prys nie.

7Ek is moeg, ek het aangehou kla en sug, ek huil die hele nag, my bed is nat van die trane.

8My vyande laat my swaarkry, my oë is swak van die pyn, ek kan amper nie meer sien nie.

9Julle almal wat slegte dinge doen, julle moet weggaan van my, want die Here het gehoor hoe ek huil.

10Hy het gehoor hoe ek soebat, Hy het gehoor wat ek bid.

11My vyande sal nie wen nie, nie een van hulle nie, hulle sal nie weet wat om te doen nie. My vyande sal vinnig moet weggaan van my, die mense sal hulle verneder.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.