Psalms 54ABA

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Lied van Dawid

2toe die Siffiete vir Saul gaan sê het dat Dawid by hulle wegkruip.

3O God, U self moet my red, U is sterk, U moet vir almal wys dat ek onskuldig is.

4O God, U moet luister na my gebed, U moet doen wat ek vir U vra,

5want mense wat ek nie ken nie, wil my aanval, wrede mense wil hê dat ek moet sterf. Hulle maak of daar nie 'n God is nie.

6Hulle moet weet dat dit God is wat my help, my Here beskerm my lewe.

7Hy sal aan my vyande die slegte dinge doen wat hulle aan my wou doen. O God, U doen altyd wat U self besluit, U moet hulle vir altyd stil laat word.

8Ek sal 'n offer bring wat U nie gevra het nie, ek sal vir U dankie sê, Here, want U is goed.

9Want U het my gered uit elke gevaar, ek het gesien my vyande lê voor my.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 54.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.