Psalms 52ABA

1Vir die leier van die koor: 'n Lied van Dawid

2toe die Edomiet Doëg vir Saul gaan sê het dat Dawid na die tempel van Agimelek gekom het.

3Jy wat dink jy is sterk, hoekom spog jy oor die slegte dinge wat jy doen? God doen altyd wat Hy belowe het.

4Jy dink altyd hoe jy ander mense kan laat swaarkry. Jy sê dinge wat mense seermaak, jy probeer almal bedrieg.

5Jy hou meer daarvan om slegte dinge te doen, jy wil nie goeie dinge doen nie. Jy hou meer daarvan om te lieg, jy wil nie die waarheid praat nie. Sela

6Jy hou daarvan om mense te bedrieg, jy wil hê hulle moet verkeerd dink.

7Maar God sal iets doen, Hy sal jou vir altyd breek. Hy sal jou uitruk uit jou woonplek, Hy sal jou laat sterf. Sela

8Die mense wat reg lewe, sal dit sien en hulle sal bang word. Dan sal hulle vir hom lag en sê:

9“Dit is die man wat nie wou hê dat God hom moet beskerm nie, die man wat gedink het al sy baie goed sal hom help.”

10Maar ek? Ek is soos 'n groen olyfboom, ek is in die tempel. Ek is seker dat God altyd sal doen wat Hy belowe het.

11O God, ek sal aanhou om vir U dankie te sê vir wat U gedoen het. Ek sal sê U is goed, ek sal dit doen sodat die mense my kan hoor, die mense wat in U glo.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 52.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.