Psalms 47ABA

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Psalm.

2Al die volke, julle moet hande klap, julle moet hard skree en sing vir God,

3want almal moet die Here eer, die Here, die Hoogste God. Hy is die Groot Koning van die hele aarde.

4Hy het ons laat wen teen ander volke, hulle moet ons dien.

5Hy kies vir ons die land wat altyd ons land mag wees, die pragtige land van Jakob vir wie Hy lief is. Sela

6Toe God na sy tempel gaan, het die mense geskree, hulle het vir die Here die ramshoring geblaas.

7Julle moet sing vir God, julle moet sing, julle moet sing vir ons Koning, julle moet sing,

8want God is die Koning van die hele aarde, julle moet vir Hom 'n lied sing.

9God is Koning van die volke, God het gaan sit op sy gewyde troon.

10Die leiers van die ander volke sal bymekaarkom saam met die volk van die God van Abraham, want God regeer oor die mense wat oor die aarde regeer, Hy is hoog bo almal.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.