Psalms 20ABA

1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.

2Ons bid dat die Here jou sal antwoord op die dag wanneer dit gevaarlik is, ons bid dat die Naam van die God van Jakob jou sal beskerm.

3Ons bid dat Hy uit die tempel sal kom om jou te help, dat Hy van Sionsberg sal kom en jou sal help.

4Ons bid dat Hy al jou offers sal onthou, dat Hy sal hou van jou brand-offers. Sela

5Ons bid dat Hy vir jou sal gee wat jy wil hê, en dat Hy jou planne sal laat slaag.

6Dan sal ons juig omdat jy jou oorloë wen en ons sal vlae swaai en die Here prys. Ons bid dat die Here vir jou alles sal gee wat jy vra.

7Nou weet ek dat die Here sy gesalfde help, die Here antwoord hom uit sy heilige hemel, Hy gee vir hom die krag om sy oorloë te wen.

8Party mense dink oorlogkarre help hulle om te wen, ander mense dink perde help hulle om te wen, maar ons weet dit is ons God die Here wat vir ons help.

9Daardie mense het geval, maar ons het regop bly staan.

10Here, U moet die koning laat wen teen sy vyande. Ons bid dat die Here ons sal antwoord wanneer ons tot Hom bid.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 20.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.