Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 20

:
Afrikaans - ABA
1 Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.
2 Ons bid dat die Here jou sal antwoord op die dag wanneer dit gevaarlik is, ons bid dat die Naam van die God van Jakob jou sal beskerm.
3 Ons bid dat Hy uit die tempel sal kom om jou te help, dat Hy van Sionsberg sal kom en jou sal help.
4 Ons bid dat Hy al jou offers sal onthou, dat Hy sal hou van jou brand-offers. Sela
5 Ons bid dat Hy vir jou sal gee wat jy wil hê, en dat Hy jou planne sal laat slaag.
6 Dan sal ons juig omdat jy jou oorloë wen en ons sal vlae swaai en die Here prys. Ons bid dat die Here vir jou alles sal gee wat jy vra.
7 Nou weet ek dat die Here sy gesalfde help, die Here antwoord hom uit sy heilige hemel, Hy gee vir hom die krag om sy oorloë te wen.
8 Party mense dink oorlogkarre help hulle om te wen, ander mense dink perde help hulle om te wen, maar ons weet dit is ons God die Here wat vir ons help.
9 Daardie mense het geval, maar ons het regop bly staan.
10 Here, U moet die koning laat wen teen sy vyande. Ons bid dat die Here ons sal antwoord wanneer ons tot Hom bid.