Psalms 2ABA

1Hoekom is die volke opstandig, hoekom raas hulle? Dit sal niks help nie.

2Die konings van die aarde, die mense wat regeer, het bymekaargekom en planne gemaak teen die Here en teen sy gesalfde.

3Hulle sê: “Ons wil vry word, ons wil hulle nie meer dien nie. Ons wil die toue stukkend breek waarmee hulle ons vasgemaak het.”

4Maar die Here wat in die hemel woon, lag vir hulle, Hy spot hulle.

5En dan word Hy kwaad, Hy praat en Hy laat hulle skrik.

6Hy sê: “Dit is Ék wat my koning gesalf het op Sion, my gewyde berg.”

7Ek, die koning, sal sê wat die Here gesê het. Die Here het vir my gesê: “Jy is my seun, Ek is van vandag af jou Vader.

8Jy mag vir My vra om al die volke op die aarde vir jou te gee, en Ek sal hulle vir jou gee, hulle sal almal aan jou behoort.

9Jy sal hard oor hulle regeer, soos 'n koning met 'n yster-septer. Jy sal met hulle doen wat jy wil, soos wanneer iemand 'n kleipot stukkend slaan.”

10Daarom, konings, julle almal wat op die aarde regeer, julle moet verstandig wees en leer.

11Julle moet die Here dien en Hom respekteer, julle moet Hom prys en bang wees vir Hom,

12julle moet buig voor sy seun, die koning. As julle dit nie doen nie, dan sal die Here kwaad word, en julle sal sterf, want Hy word gou kwaad. Dit gaan goed met mense wat vra dat die Here hulle moet beskerm.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.