Psalms 1ABA

1Dit gaan goed met 'n mens wat nie luister na mense wat verkeerd doen nie, wat nie doen wat sondaars doen nie, en wat nie saam spot wanneer mense sit en spot nie.

2Dit gaan goed met 'n mens wat lief is vir wat die Here sê, 'n mens wat elke dag en nag dink aan wat die Here sê.

3So 'n mens sal wees soos 'n boom wat langs 'n waterstroom groei, 'n boom wat vrugte dra op die regte tyd, en wat blare het wat altyd groen is. Dit gaan goed met alles wat hy doen.

4Maar dit gaan nie so met mense wat verkeerd doen nie. Mense wat verkeerd doen, is soos kaf, die wind waai hulle weg.

5Daarom sal die mense wat verkeerd doen, die sondaars, nie kan kom by die Here, die Regter, nie, daar waar mense wat reg doen, bymekaar is.

6Ja, die Here gaan saam op die pad van die mense wat reg doen, maar die pad van die mense wat verkeerd doen, bring hulle by die dood.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 1.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.