Psalms 16ABA

1'n Lied van Dawid. My God, U moet my beskerm, ek wil veilig wees by U.

2Here, ek het vir U gesê ek behoort aan U, al die goeie dinge wat ek het, kom van U.

3Daar is afgode in hierdie land, en daar is mense wat van hulle hou en wat dink dat die afgode heilig en sterk is.

4Dit sal baie sleg gaan met mense wat in daardie afgode glo. Ek sal nie drank-offers van bloed vir hulle gee nie, ek sal nooit hulle name sê nie.

5Here, ek het net vir U, dit is net U wat my kan laat lewe, dit is Ú wat besluit wat met my sal gebeur.

6U laat my woon op 'n plek wat baie mooi is, ek is lief vir die plek wat U vir my gegee het.

7Ek prys die Here, Hy sê vir my wat ek moet doen, ook in die nag dink ek aan wat U vir my leer.

8Ek weet die Here is altyd naby my. Ek val nie, want Hy is by my.

9Daarom, ek is bly, ek juig, ek is altyd veilig,

10want U sal my nie los nie, ek sal nie sterf nie. Ek glo in U, en U sal my nie in die graf laat kom nie.

11U leer vir my hoe om te lewe, U leer vir my dat 'n mens wat naby U is, 'n dankbare mens is, U leer vir my dat dit altyd lekker is by U.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 16.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.