Psalms 15ABA

1'n Psalm van Dawid. Here, wie mag bly in u tempel, wie mag woon op u gewyde berg?

2Net die mens wat heeltemal reg lewe en reg doen en wat die waarheid praat, mag daar kom,

3die mens wat nie sleg praat van ander mense nie, die mens wat nie slegte dinge doen aan ander mense nie en wat hulle nie beledig nie,

4die mens wat niks wil doen saam met mense vir wie die Here gelos het nie, maar wat die mense respekteer wat die Here dien, die mens wat doen wat hy belowe het, ook wanneer dit nie goed is vir homself nie,

5die mens wat vir ander mense geld leen maar wat hulle nie rente laat betaal nie, die mens wat nie geld neem om te sê onskuldige mense is skuldig nie. Die mens wat hierdie dinge doen, sal altyd vas staan.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.