Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 133

:
Afrikaans - ABA
1 'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid. Julle moet dit weet: Dit is goed, dit is mooi wanneer broers in vrede saam woon.
2 Dit is soos wanneer goeie olyf-olie afloop van die kop tot op die baard, die baard van Aäron, en dan verder afloop op die kraag van sy klere.
3 Dit is soos die dou van Hermon-berg wat afloop tot op die Sion-berge. Want daar op die Sion-berge het die Here sy volk geseën, Hy het vir hulle die lewe gegee wat altyd aanhou.