Psalms 133ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid. Julle moet dit weet: Dit is goed, dit is mooi wanneer broers in vrede saam woon.

2Dit is soos wanneer goeie olyf-olie afloop van die kop tot op die baard, die baard van Aäron, en dan verder afloop op die kraag van sy klere.

3Dit is soos die dou van Hermon-berg wat afloop tot op die Sion-berge. Want daar op die Sion-berge het die Here sy volk geseën, Hy het vir hulle die lewe gegee wat altyd aanhou.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 133.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.