Psalms 130ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Here, ek is in diep water, ek roep en ek vra dat U my moet help.

2My Here, U moet hoor, U moet luister, ek soebat en ek vra dat U my moet help.

3Here, as U aangehou het om te dink aan die sondes wat mense doen, Here, wie sou dan nog kon lewe?

4Maar U vergewe mense se sondes, U wil hê dat hulle U moet dien.

5Ek wag vir die Here, ek verlang na Hom, ek glo dat Hy sal doen wat Hy gesê het.

6Ek verlang na die Here, ek verlang meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word, meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word.

7Israeliete, julle moet in die Here glo, want die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy red ons altyd weer.

8Hy sal sy volk Israel red van al hulle sondes.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 130.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.