Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Proverbs 5

:
Afrikaans - ABA
1 My kind, jy moet luister na die wysheid wat ek het, jy moet hoor wanneer ek vir jou wat ek weet.
2 Dan sal jy weet wat die regte ding is om te doen, en jy sal altyd weet wat om te sê.
3 Dit is belangrik, want 'n slegte vrou se woorde is so soet soos heuning en so glad soos olyf-olie.
4 Maar later is sy so bitter soos wilde-als, en so gevaarlik soos 'n swaard wat skerp is.
5 As jy saam met haar gaan, dan gaan jy na die dood, sy lei jou na die doderyk.
6 Sy dink nie aan die pad van die lewe nie, sy weet nie waar sy loop nie.
7 Kinders, daarom moet julle luister na my, julle moenie ongehoorsaam wees nie.
8 Jy moet wegbly van die slegte vrou, jy moenie naby haar huis se deur kom nie.
9 As jy na haar toe gaan, dan gee jy vir 'n ander mens iets wat vir jou kosbaar moet wees, jy gee jou beste jare vir 'n wrede mens.
10 Vreemde mense sal al die dinge kry waarvoor jy gewerk het. Die goed wat joune geword het omdat jy baie hard gewerk het en swaargekry het, sal in 'n ander mens se huis kom.
11 Wanneer jy naby jou dood is, dan sal jy en huil en kla, want dan sal jy 'n baie siek mens wees.
12 Dan sal jy sê: “Hoekom wou ek nie leer nie? Hoekom het ek gedink dat wysheid nie belangrik is nie?
13 Ek wou nie luister na die mense wat vir my geleer het nie, ek wou nie hoor wat hulle nie.
14 Nou gaan dit baie sleg met my, hier by die vergadering van die mense wat my oordeel.”
15 Jy moenie ontrou wees aan jou vrou nie, jy moet wees soos iemand wat sy eie put se water drink, jy moet die strome water drink wat uit jou eie fontein kom.
16 Jy sal nie die water, die strome uit jou fonteine, buite laat wegloop op die oop stukke grond nie.
17 Dit moet net jóú water wees, nie ander mense se water ook nie.
18 Jou eie fontein se water moet genoeg wees vir jou, dit moet vir jou lekker wees by jou eie vrou.
19 Sy is so pragtig soos 'n takbok, so mooi soos 'n klipbok. Jy moet dit altyd geniet om haar teen jou vas te druk, jy moet vir haar so lief wees dat dit vir jou sal wees soos 'n droom.
20 My seun, hoekom wil jy dom dinge doen by 'n slegte vrou? Hoekom wil jy 'n vrou wat nie jou vrou is nie, omhels en teen jou vasdruk?
21 Die Here sien hoe 'n mens lewe, Hy kyk of 'n mens reg lewe.
22 Die sondes van 'n mens wat verkeerd doen, is soos 'n vangnet, dit vang hom. Sy sondes is soos toue wat hom vasdraai.
23 Die mens wat verkeerd doen, sterf omdat hy nie wou leer nie, hy verdwaal omdat hy dom gebly het.