Proverbs 5ABA

1My kind, jy moet luister na die wysheid wat ek het, jy moet hoor wanneer ek vir jou sê wat ek weet.

2Dan sal jy weet wat die regte ding is om te doen, en jy sal altyd weet wat om te sê.

3Dit is belangrik, want 'n slegte vrou se woorde is so soet soos heuning en so glad soos olyf-olie.

4Maar later is sy so bitter soos wilde-als, en so gevaarlik soos 'n swaard wat skerp is.

5As jy saam met haar gaan, dan gaan jy na die dood, sy lei jou na die doderyk.

6Sy dink nie aan die pad van die lewe nie, sy weet nie waar sy loop nie.

7Kinders, daarom moet julle luister na my, julle moenie ongehoorsaam wees nie.

8Jy moet wegbly van die slegte vrou, jy moenie naby haar huis se deur kom nie.

9As jy na haar toe gaan, dan gee jy vir 'n ander mens iets wat vir jou kosbaar moet wees, jy gee jou beste jare vir 'n wrede mens.

10Vreemde mense sal al die dinge kry waarvoor jy gewerk het. Die goed wat joune geword het omdat jy baie hard gewerk het en swaargekry het, sal in 'n ander mens se huis kom.

11Wanneer jy naby jou dood is, dan sal jy lê en huil en kla, want dan sal jy 'n baie siek mens wees.

12Dan sal jy sê: “Hoekom wou ek nie leer nie? Hoekom het ek gedink dat wysheid nie belangrik is nie?

13Ek wou nie luister na die mense wat vir my geleer het nie, ek wou nie hoor wat hulle sê nie.

14Nou gaan dit baie sleg met my, hier by die vergadering van die mense wat my oordeel.”

15Jy moenie ontrou wees aan jou vrou nie, jy moet wees soos iemand wat sy eie put se water drink, jy moet die strome water drink wat uit jou eie fontein kom.

16Jy sal nie die water, die strome uit jou fonteine, buite laat wegloop op die oop stukke grond nie.

17Dit moet net jóú water wees, nie ander mense se water ook nie.

18Jou eie fontein se water moet genoeg wees vir jou, dit moet vir jou lekker wees by jou eie vrou.

19Sy is so pragtig soos 'n takbok, so mooi soos 'n klipbok. Jy moet dit altyd geniet om haar teen jou vas te druk, jy moet vir haar so lief wees dat dit vir jou sal wees soos 'n droom.

20My seun, hoekom wil jy dom dinge doen by 'n slegte vrou? Hoekom wil jy 'n vrou wat nie jou vrou is nie, omhels en teen jou vasdruk?

21Die Here sien hoe 'n mens lewe, Hy kyk of 'n mens reg lewe.

22Die sondes van 'n mens wat verkeerd doen, is soos 'n vangnet, dit vang hom. Sy sondes is soos toue wat hom vasdraai.

23Die mens wat verkeerd doen, sterf omdat hy nie wou leer nie, hy verdwaal omdat hy dom gebly het.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.