Proverbs 22ABA

1Dit is beter om te weet dat mense jou sal onthou, beter as om ryk te wees. Dit is beter om vriendelik te wees as om silwer en goud te hê.

2Ryk en arm mense is vir die Here dieselfde, Hy het hulle almal gemaak.

3'n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom, en hy vlug. Mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.

4Wanneer iemand nederig is en hy respekteer en dien die Here, dan word hy ryk, en mense respekteer hóm, en hy lewe lank.

5Daar is dorings en vangstrikke op die pad van skelm mense, maar iemand wat wil aanhou lewe, loop nie op daardie verkeerde pad nie.

6Wanneer jy vir 'n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het.

7Ryk mense regeer oor arm mense, en iemand wat geld geleen het, word die slaaf van die persoon by wie hy die geld geleen het.

8Dit sal sleg gaan met iemand wat slegte dinge doen aan ander mense, hy sal straf kry omdat hy dink hy kan doen wat hy wil.

9Die Here sal die persoon seën wat goed is vir ander mense en wat vir arm mense van sy kos gee.

10Wanneer jy iemand wegjaag wat altyd wil spot, dan sal die mense ophou twis, en dan kan hy nie meer mense beskuldig en beledig nie.

11Wanneer iemand eerlik lewe en vriendelik is, dan is die koning sy vriend.

12Mense kan aanhou leer hoe om te lewe omdat die Here regeer. Hy laat die dinge wat verraaiers sê, nie gebeur nie.

13'n Lui mens sê: “Daar is 'n leeu daar buite. Hy sal my vang as ek uitgaan.”

14Wanneer 'n slegte vrou jou uitnooi, dan is dit soos wanneer jy by 'n diep gat staan. As die Here jou vervloek, dan sal jy in die gat val.

15'n Jongmens kan maklik 'n dwaas word, maar 'n pak slae sal help dat hy nie 'n dwaas word nie.

16Iemand wat arm mense verdruk, wil homself ryk maak, maar iemand wat presente gee vir ryk mense, word self arm.

17Jy moet goed luister na wat die wyse mense sê, jy moet hard probeer om te leer,

18want dit is lekker om dinge te weet en om dit weer te kan vertel.

19Ek leer vir jou vandag, vir jóú, sodat jy kan weet dat die Here doen wat Hy belowe het.

20Ek skryf hierdie belangrike dinge vir jou sodat jy kan weet wat om te doen en sodat jy kan leer.

21Jy moet weet wat die waarheid is en wat jy kan glo, sodat jy vir die persoon wat jou stuur, kan sê wat regtig gebeur het.

22Jy moenie 'n arm mens se goed vat omdat hy arm is nie, jy moenie iemand wat homself nie kan beskerm nie, verkeerd oordeel nie,

23want die Here sal self die Regter wees vir hulle, en Hy sal die persoon laat sterf wat vir húlle wil laat sterf.

24Jy moenie vriende wees met iemand wat gou kwaad word nie, jy moenie saamgaan met so 'n mens nie,

25want jy sal miskien soos hy word en jy sal soos 'n voël in 'n vangstrik trap.

26Jy moenie soos ander mense vir iemand borg staan nie, jy moenie belowe om sy skuld te betaal as hy dit nie kan betaal nie.

27As jy nie kan betaal nie, dan sal mense ook jou bed wegvat.

28Jy moenie grense verander nie, grense wat van lank gelede daar is, grense wat daar was toe jou voorvaders gelewe het.

29Jy moet dit weet, 'n man wat vaardig is in sy werk, sal vir konings werk, hy sal nie werk vir onbelangrike mense nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 22.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.