Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Proverbs 21

:
Afrikaans - ABA
1 Die dinge wat die koning dink, is vir die Here soos 'n stroom water, die Here lei die stroom waar Hy wil.
2 'n Mens dink miskien dat alles wat hy doen, reg is, maar die Here weet wat 'n mens dink, Hy weet of dit reg is.
3 Die Here hou meer van iemand wat reg lewe en reg doen as van iemand wat offer.
4 Mense wat verkeerd doen, dink dat hulle belangrik is en dat hulle baie weet. Dit is hulle sonde.
5 Wanneer flukse mense planne maak, dan word hulle ryk, maar almal wat te haastig is, sal arm word.
6 Wanneer mense baie dinge het omdat hulle ander mense bedrieg het, dan verdwyn dit soos wind, en die mense sterf gou.
7 Die mense wat verkeerd doen en wat ander mense wil seermaak en doodmaak, val in 'n vangnet wat hulle self styftrek omdat hulle nie reg wil doen nie.
8 'n Skelm mens loop op verkeerde paaie, maar 'n eerlike mens het 'n skoon lewe.
9 Dit is beter om bo-op 'n huis se dak te woon as om in 'n huis te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla.
10 Die mens wat verkeerd doen, wil aanhou verkeerd doen, hy is nie jammer vir ander mense nie.
11 Wanneer jy 'n persoon straf wat altyd wil spot, dan kry iemand wat baie min weet, wysheid. Wanneer jy vir 'n persoon leer wat wysheid het, dan leer hy nog meer.
12 God doen reg. Hy sien wat gebeur in die huis van die mens wat verkeerd doen, en Hy laat dit sleg gaan met die mens wat verkeerd doen.
13 As jy nie wil luister wanneer 'n arm mens vir jou vra om hom te help nie, dan sal die Here ook nie vir jou antwoord wanneer jy bid nie.
14 Wanneer jy 'n present gee vir iemand wat kwaad is vir jou, dan moet jy dit gee waar ander mense dit nie sien nie, dan sal daardie persoon nie meer kwaad wees nie. Ook wanneer hy baie kwaad is, sal hy weer goed word as jy die present gee waar julle alleen is.
15 'n Mens wat reg lewe, is bly wanneer hy reg kan doen, maar mense wat slegte dinge doen, sal sterf.
16 Wanneer iemand ophou om verstandig te lewe, dan sal hy moet gaan woon waar die dooie mense is, hy sal sterf.
17 As iemand baie hou van plesier, dan sal hy arm word, iemand wat baie lief is vir wyn en olyf-olie, word nie ryk nie.
18 'n Mens sal maklik iemand wat verkeerd doen, omruil vir iemand wat reg lewe, of hy sal 'n ontrou mens omruil vir 'n eerlike mens.
19 Dit is beter om in 'n woestyn te woon as om te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla en wat jou laat swaarkry.
20 In 'n wyse mens se huis is daar kosbare goed en olyf-olie, 'n dwase mens eet alles op wat hy het.
21 As iemand probeer om reg te doen en om te doen wat hy belowe het, dan sal hy aanhou lewe, mense sal reg doen aan hom en hulle sal hom respekteer.
22 Iemand wat wysheid het, kan 'n stad vol soldate oorwin, en hy kan die mure laat val wat die soldate moet beskerm.
23 As iemand eers dink voordat hy iets sê, dan kry hy nie probleme nie.
24 'n Hoogmoedige mens wat dink net is reg, is 'n mens wat altyd wil spot. Alles wat hy doen, wys dat hy trots is en dat hy dink hy is beter as ander mense.
25 'n Lui mens gaan dood omdat hy net wens dat hy dinge sal kry, want hy wil nie werk nie,
26 hy sit die hele dag en wens dat hy dinge sal kry. Iemand wat reg lewe, kan vir ander mense van sy goed gee, hy is nie suinig nie.
27 Die Here haat die offers van mense wat verkeerd doen, Hy haat dit nog meer wanneer hulle die offers bring omdat hulle skelm planne het.
28 'n Vals getuie sal sterf, maar 'n getuie wat goed geluister het wat mense sê, kan aanhou praat.
29 Die mens wat verkeerd doen, wys nie wat hy dink nie, die eerlike mens maak seker dat hy reg lewe.
30 Wanneer 'n mens voor die Here staan, dan weet hy dat hy nie wysheid het nie en niks verstaan nie, hy weet nie wat om te doen nie.
31 Jy kan vir perde leer en jy kan hulle in die oorlog gebruik, maar dit is die Here wat jou die oorlog laat wen.