Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 3

:
Afrikaans - ABA
1 Maar ek sê: Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle weet wat reg is,
2 maar julle haat alles wat goed is en julle is lief vir alles wat sleg is. Julle maak of my volk diere is.
3 Julle eet hulle vleis en julle slag hulle vel af. Julle kap hulle bene stukkend, julle sny hulle vleis soos 'n mens vleis sny om dit te kook.
4 Dan roep julle na die Here en julle vra dat Hy julle moet help, maar Hy antwoord julle nie. Hy wil nie luister na julle nie, want julle het verkeerd gedoen.
5 Die Here vir die profete wat sy volk bedrieg: “Wanneer mense vir julle kos gee, dan julle daar sal vrede wees, en wanneer hulle nie vir julle kos gee nie, dan julle daar sal oorlog kom.”
6 Daarom sal dit nag word vir julle. Die Here sal nie vir julle wys wat sal gebeur nie. Die son sal ondergaan vir die profete. Dit sal donker word vir hulle.
7 Die profete dink hulle weet wat sal gebeur, maar hulle sal nie weet wat om te nie, want God sal nie met hulle praat nie.
8 Net ek, Miga, is sterk. Die Gees van die Here het my sterk gemaak. Ek weet wat is reg, en ek is nie bang om vir die Israeliete te dat hulle sonde gedoen het nie.
9 Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle dink dit is nie belangrik om reg te doen nie, julle dink dit is reg om verkeerd te doen.
10 Die hele Jerusalem is vol moordenaars en mense wat verkeerd doen. Dit is julle skuld.
11 Die leiers wat moet wat reg is, vra geld om dit te doen. Die profete wat moet wat sal gebeur, vra geld om dit te doen. Julle doen nie reg nie, maar julle die Here is by julle. Julle Hy sal dit goed laat gaan met julle.
12 Omdat julle dit doen, sal die vyande Jerusalem omploeg soos 'n mens 'n stuk grond omploeg. Hulle sal Jerusalem verwoes, en die berg waar die tempel nou staan, sal vol bosse wees.