Micah 3ABA

1Maar ek sê: Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle weet wat reg is,

2maar julle haat alles wat goed is en julle is lief vir alles wat sleg is. Julle maak of my volk diere is.

3Julle eet hulle vleis en julle slag hulle vel af. Julle kap hulle bene stukkend, julle sny hulle vleis soos 'n mens vleis sny om dit te kook.

4Dan roep julle na die Here en julle vra dat Hy julle moet help, maar Hy antwoord julle nie. Hy wil nie luister na julle nie, want julle het verkeerd gedoen.

5Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg: “Wanneer mense vir julle kos gee, dan sê julle daar sal vrede wees, en wanneer hulle nie vir julle kos gee nie, dan sê julle daar sal oorlog kom.”

6Daarom sal dit nag word vir julle. Die Here sal nie vir julle wys wat sal gebeur nie. Die son sal ondergaan vir die profete. Dit sal donker word vir hulle.

7Die profete dink hulle weet wat sal gebeur, maar hulle sal nie weet wat om te sê nie, want God sal nie met hulle praat nie.

8Net ek, Miga, is sterk. Die Gees van die Here het my sterk gemaak. Ek weet wat is reg, en ek is nie bang om vir die Israeliete te sê dat hulle sonde gedoen het nie.

9Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle dink dit is nie belangrik om reg te doen nie, julle dink dit is reg om verkeerd te doen.

10Die hele Jerusalem is vol moordenaars en mense wat verkeerd doen. Dit is julle skuld.

11Die leiers wat moet sê wat reg is, vra geld om dit te doen. Die profete wat moet sê wat sal gebeur, vra geld om dit te doen. Julle doen nie reg nie, maar julle sê die Here is by julle. Julle sê Hy sal dit goed laat gaan met julle.

12Omdat julle dit doen, sal die vyande Jerusalem omploeg soos 'n mens 'n stuk grond omploeg. Hulle sal Jerusalem verwoes, en die berg waar die tempel nou staan, sal vol bosse wees.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Micah 3.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.