Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Lamentations 5

:
Afrikaans - ABA
1 Here, U moet dink aan wat met ons gebeur het, U moet kyk en sien hoe die mense ons spot.
2 Vreemde mense het ons land gevat, mense uit ander lande woon in ons huise.
3 Ons het geword soos weeskinders wat nie 'n pa het nie, ons is soos kinders wie se ma 'n weduwee is.
4 Wanneer ons water wil hê, dan moet ons dit koop, ons moet betaal vir die hout wat ons gebruik.
5 Die mense wat ons jaag, het jukke op ons nekke gesit. Ons is moeg, ons kan nooit rus nie.
6 Ons het ons hande uitgesteek en gesoebat by die Egiptenaars en die Assiriërs om genoeg kos te kry.
7 Dit was ons voorvaders wat sonde gedoen het. Maar hulle is almal dood, en nou is dit óns wat moet swaarkry oor wat húlle verkeerd gedoen het.
8 Die mense wat oor ons regeer, was ook slawe, en daar is niemand wat ons vrymaak van hulle nie.
9 Wanneer ons kos soek in die woestyn, dan wag hulle daar om ons dood te maak.
10 Ons is so honger dat ons siek is en koors het, ons vel is so warm soos 'n oond.
11 Die mense wat oor ons regeer, het ons vroue en ons jongmeisies verkrag in Sion en in die stede van Juda.
12 Die mense wat oor ons regeer, het ons amptenare opgehang aan hulle hande, hulle respekteer nie ons leiers nie.
13 Ons jongmanne moet koring maal en ons seuns moet hout dra wat te swaar is vir hulle.
14 Ons leiers sit nie meer in die poort nie, ons jongmanne speel nie meer musiek nie.
15 Ons voel nooit bly nie, ons het opgehou om te dans, ons huil en treur.
16 Ons voel nie meer soos konings nie. Dit gaan sleg met ons, want ons het sonde gedoen.
17 Dit is hoekom ons hartseer is, dit is hoekom ons dof geword het.
18 Ons is hartseer oor Sionsberg, niemand woon nou daar nie, jakkalse loop nou daar rond.
19 U, Here, U regeer vir altyd, U regeer oor elke geslag.
20 Hoekom hou U aan om ons te vergeet? Hoekom los U ons vir altyd?
21 Here, U moet ons laat terugkom na U toe, sodat ons kan verander en kan lewe soos U wil hê. U moet vir ons nuwe lewe gee, soos lank gelede.
22 Of het U ons heeltemal gelos? Is U so baie kwaad vir ons?