Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Lamentations 2

:
Afrikaans - ABA
1 Hoekom het dit gebeur? Die Here was kwaad en Hy het dit donker laat word oor Sion. Israel was trots op die stad, maar die Here het die stad uit die hemel neergegooi op die aarde. Hy het nie aan sy tempel gedink op daardie dag toe Hy kwaad geword het nie.
2 Die Here was nie jammer vir hulle nie, Hy het al die woonplekke in Jakob verwoes. Hy het die stede van Juda afgebreek, die stede wat sterk mure gehad het. Hy het die koning en sy amptenare hard laat val en Hy het hulle verneder.
3 Hy was baie kwaad, Hy het almal laat sterf wat sterk was in die volk Israel. Hy het hulle nie gehelp teen die vyande nie. Dit was soos 'n vuur wat alles verbrand het.
4 Die Here het soos 'n vyand sy boog se snaar styfgetrek en Hy het gereedgestaan. Hy het almal wat mooi was, met sy sterk arm doodgemaak in die woonplekke van Sion. Hy was kwaad, en dit het gebrand soos vuur.
5 Die Here was soos 'n vyand, Hy het Israel verwoes, Hy het al die mooi huise verwoes, Hy het al die sterk mure afgebreek, Hy het baie mense in Juda laat huil en rou.
6 Hy het sy tempel, sy woonplek, plat getrap soos mense 'n tuin plat trap. Hy het die plek verwoes waar Hy aan sy volk verskyn het. Hy het mense laat vergeet dat die mense van Sion feeste en Sabbatdae gevier het. Hy was kwaad, Hy het die koning en die priesters verneder.
7 Die Here wou nie meer sy eie altaar nie, en ook nie sy tempel nie. Hy het die mure van die stad se mooi huise vir die vyande gegee om af te breek. Hulle het in die tempel gaan staan en skree soos mense op 'n feesdag gedoen het.
8 Die Here het besluit om die mure van Sion af te breek. Hy het die mure gemeet en Hy het nie opgehou om dit af te breek nie. Hy het torings en mure laat omval en Hy het dit saam op die grond laat lê.
9 Die poorte van die stad het omgeval, want die Here het die sluitbalke van die poorte stukkend gebreek. Die koning en die amptenare van die stad is by ander volke. Daar is nie meer priesters wat vir die mense kan wat die Here wil nie. Die Here wys ook nie meer vir die profete wat hulle moet nie.
10 Die leiers van Sion sit op die grond, hulle praat nie, hulle het stof op hulle koppe gegooi en hulle het rouklere aangetrek. Die jongmeisies van Jerusalem buig hulle koppe laag, tot naby die grond.
11 Ek is moeg, want ek het baie gehuil, alles pyn binne-in my. Dit voel of my lewer op die grond wil val, want die Here het my volk stukkend gebreek. Kinders en babas het flou geval op die oop stukke grond in die stad.
12 Hulle vra vir hulle ma’s: “Waar kan ons brood en wyn kry?” Maar dan val hulle flou soos dooie mense op die oop stukke grond in die stad, of hulle sterf terwyl hulle teen hulle ma’s se borste lê.
13 Jerusalem, wat kan ek om jou te troos? Sion, wie kry so swaar soos jy? Hoe kan ek dit vir jou makliker maak? Jou swaarkry is so groot soos die see, wie kan dit beter laat gaan met jou?
14 Jou profete het gesê die Here het vir hulle dinge gewys, maar hulle het gelieg, hulle het jou bedrieg. Hulle het nie oor jou sonde gepraat sodat jy kon verander en lewe soos God wil en sodat dit dan met jou beter kon gaan nie. Hulle het gesê die Here het vir hulle dinge gesê, maar dit was leuens, hulle het jou bedrieg.
15 Almal wat op die pad verbykom, spot en klap hulle hande oor jou. Hulle fluit en hulle wys dat hulle bly is oor wat gebeur het met Jerusalem. Hulle vra: “Is dít die stad wat vir die mense die mooiste van al die stede was? Is dít die stad waaroor al die mense in die wêreld bly was?”
16 Al jou vyande spog oor wat hulle met jou gedoen het, hulle fluit, hulle byt hard op hulle tande. Hulle sê: “Ons het Jerusalem verwoes, ons het gewag vir hierdie dag, en die dag het gekom, ons het dit gesien.”
17 Die Here het gedoen wat Hy wou doen, Hy het laat gebeur wat Hy lank gelede gesê het. Hy het die stad afgebreek, Hy was nie jammer nie. Hy het jou vyande bly gemaak oor wat met jou gebeur het, Hy het hulle sterk gemaak.
18 Jerusalem, jou mure het geskree en gevra dat die Here hulle moet help. Jou trane moet vloei soos 'n rivier, elke dag en nag. Jy moenie rus nie, jy moenie ophou huil nie.
19 Jy moet opstaan, jy moet aanhou roep in die nag. Wanneer elke wagbeurt begin, dan moet jy vir die Here hoe jy voel. Jy moet jou hande uitsteek na Hom toe en jy moet bid dat Hy jou kinders moet laat lewe, jou kinders wat op al die hoeke van die strate flou word omdat hulle honger is.
20 Here, U moet kyk, U moet sien aan wie U dit gedoen het. Wil U vroue moet hulle eie kinders eet? Moet die vyande die priesters en die profete vermoor in die tempel?
21 Seuns en ou manne saam dood op die strate. My jongmeisies en my jongmanne het gesterf in die oorlog. U het hulle laat sterf toe U kwaad was, U het hulle doodgemaak, U was nie jammer vir hulle nie.
22 U het die vyande van al die kante geroep, U het hulle geroep soos U mense roep om te kom feesvier. Toe die dag van die Here kom, het niemand vry weggekom en weggehardloop nie. My vyande het almal doodgemaak wat hier gebore is en wat hier grootgeword het.