Jonah 2ABA

1Jona was binne-in die vis en toe het hy tot sy God die Here gebid.

2Hy het gesê: “Here, dit het sleg gegaan met my, en toe het ek tot U gebid. U het my gehoor en U het my gehelp. Ek was amper dood en ek het geroep en gevra dat U my moet help. U het my gehoor.

3U het my in die diep water gegooi, in die diepste plek van die see. Daar was water bo-oor my. U het groot branders gestuur, en die water het oor my gespoel.

4Ek het gedink U het my weggegooi, U wil my nie meer sien nie. Maar ek sal weer u gewyde tempel sien.

5Die water het my toegemaak, die see was oral rondom my, daar was seegras om my kop.

6Ek het afgesak tot by die voet van die berge, diep onder in die see. Die aarde het my daar toegesluit, hy wou my altyd daar hou. Maar U, my God die Here, het my gered uit die dood.

7“Ek was swak en amper dood, maar toe het ek aan U gedink, Here. Ek het tot U gebid in u gewyde tempel.

8Afgode beteken niks, en die mense wat hulle aanbid, is die mense wat nie meer aan U dink nie, U wat vir hulle goed is.

9Maar ek, ek wil my danklied vir U offer. Ek wil doen wat ek belowe het. Die Here het my gered.”

10Die Here het met die vis gepraat, en die vis het vir Jona uitgespoeg op die land.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Jonah 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.