Job 29ABA

1Job het weer begin praat. Hy het gesê:

2“Ek wens ek was nog soos lank gelede, soos in die tyd toe God my beskerm het.

3God het sy lig oor my laat skyn, en ek het geweet waar om te loop wanneer dit donker was.

4Ek was toe jonk en sterk, en God was saam met my in my huis.

5Die Almagtige was by my, en my kinders was rondom my.

6Ek het lekker gelewe, daar was genoeg melk, meer as genoeg, en daar was strome olyf-olie.

7Wanneer ek na die poort van die stad gegaan het en op die oop stuk grond gaan sit het,

8dan het die jongmans 'n entjie weg gaan staan, en die ou mans het opgestaan en bly staan.

9Die leiers het stilgebly en hulle het nie meer gepraat nie.

10Die belangrike mense het opgehou praat en hulle het nie weer iets gesê nie.”

11“Mense wat my gehoor en gesien het, het my gelukgewens en hulle het goeie dinge oor my gesê.

12Dit was omdat ek mense gered het wat hulleself nie kon help nie, mense wat gevra het dat ek hulle moet help. En ek het ook weeskinders gehelp wat niemand gehad het om hulle te help nie.

13Mense wat naby die dood was, het my geseën, en weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.

14Ek het altyd reg gedoen aan almal, ek het dit elke dag gedoen soos 'n mens elke dag klere aantrek.

15Ek het blinde mense gelei en ek het mense wat kreupel is, gehelp om te loop.

16Ek was soos 'n pa vir arm mense, ek het mense gehelp wanneer hulle voor die hof moes kom, mense wat ek nie geken het nie.

17Ek het gekeer wanneer slegte mense wreed was en wanneer hulle slegte dinge gedoen het aan ander mense.

18Ek het gedink ek sal lank lewe en gelukkig sterf,

19ek het gedink ek sal wees soos 'n boom wanneer sy wortels naby die water is, elke môre is daar dou op sy takke.”

20“Mense het my altyd gerespekteer, en ek het elke dag nuwe krag gekry.

21Hulle het graag geluister na my en hulle het gewag dat ek vir hulle sê wat hulle moet doen.

22Wanneer ek klaar gepraat het, dan was hulle tevrede, my woorde was vir hulle soos druppels reën.

23Hulle het gewag dat ek moet praat, soos hulle gewag het dat dit moet reën, my woorde was vir hulle so welkom soos die laat reën.

24Ek was vriendelik met hulle toe hulle gedink het ek sal nie vriendelik wees nie. My vrolike gesig het hulle bemoedig.

25Ek was hulle leier en hulle hoof, ek was soos 'n koning by sy leër, soos iemand wat mense bemoedig, mense wat huil en treur.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 29.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.