Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 18

:
Afrikaans - ABA
1 Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “Hoe lank wil julle aanhou praat? Julle moet eers goed dink en dán moet julle praat.
3 Hoekom hou Job aan om te maak of ons diere is? En hoekom dink hy dat ons dom is?
4 Job, jy is so kwaad dat jy jouself wil stukkend skeur. Moet al die mense op die aarde verdwyn? Moet 'n rots wegskuif uit sy plek sodat jy tevrede kan wees?
5 Dit ís waar, die mens wat verkeerd doen, sterf, ja, sy lig gaan uit, sy vuur hou nie aan om te brand nie.
6 Dit word donker in sy tent, sy lamp gaan dood.
7 Die treë wat hy loop, was voorheen lank, maar dit word nou korter, hy besluit self wat hy wil doen, en daarom val hy.
8 Sy voete bring hom in 'n vangnet, hy loop reguit in die net in.
9 Die net vang hom aan sy voet, dit gryp hom vas.
10 Hy sien nie die tou voor hom nie, hy sien nie die vangstrik op sy pad nie.
11 Daar is baie dinge wat hom laat skrik, dinge wat hom na al die kante toe jaag.
12 Dit gaan gou sleg met hom, sy probleme is altyd naby.
13 Siekte vreet sy vel weg, sy vingers, sy arms, sy tone en sy bene sterf en val af.
14 Hy dink dat hy veilig is in sy tent, maar hy moet daar weggaan, almal is bang vir die plek waarnatoe hy gaan.
15 Niks bly oor in sy tent nie, mense gooi swael oor sy woonplek en hulle steek dit aan die brand.
16 Hy is soos 'n boom wanneer die boom se wortels droog word en sy blare verlep.
17 Niemand sal onthou dat daar so 'n mens was nie, die mense op die straat sal nie sy naam ken nie.
18 Mense jaag hom weg van die lig na die donker, hulle jaag hom weg uit die wêreld.
19 Hy sal nie 'n nageslag nie, niemand sal aanhou lewe waar hy gewoon het nie.
20 Al die mense van al die plekke sal bang word wanneer hulle sien wat met hom gebeur.
21 Ja, so sal dit gaan met die woonplek van 'n slegte mens, dit is wat sal gebeur met 'n persoon wat nie vir God wil ken nie.”