Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jeremiah 5

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here sê: “Loop in die strate van Jerusalem en kyk op al die oop stukke grond, kyk of julle een mens kry wat reg doen en wat wys dat die waarheid vir hom belangrik is. As julle so iemand kry, dan sal Ek die stad se sondes vergewe.
2 “Hulle belowe dinge en hulle sê: ‘So seker soos die Here lewe,’ maar hulle belowe dinge wat hulle nie sal doen nie.”
3 Here, U wil kyk of hierdie mense doen wat U wil hê. Maar toe U hulle geslaan het, het hulle nie seergekry nie. Toe U hulle laat swaarkry het, wou hulle nie luister nie. Hulle koppe was harder as klip, hulle wou nie verander nie, hulle wou nie lewe soos U wil nie.
4 En ek, ek het gedink hulle is so omdat hulle arm mense is, hulle is dom en hulle weet nie wat die Here wil nie, hulle weet nie dat hulle God wil hulle moet reg doen nie.
5 Ek het gedink ek sal na die belangrike mense toe gaan, want hulle weet wat die Here wil hê, hulle weet hulle God wil hulle moet reg doen. Maar ook hulle is soos beeste wat die jukke breek en die stroppe stukkend ruk.
6 Die Here sê: “Daarom sal leeus uit die bos en wolwe uit die woestyn hulle kom doodmaak, luiperds sal by die stede en wag en hulle sal elkeen doodbyt wat uitkom. Dit sal gebeur omdat hulle altyd so opstandig was teen My en omdat hulle My verraai het.
7 Jerusalem, Ek kan jou mense nie vergewe vir hierdie dinge nie. Hulle het weggegaan van My en wanneer hulle dinge belowe het, dan het hulle gesê die afgode is getuies. Ek het hulle genoeg gegee, hulle kon daarvan lewe, maar toe het hulle afgode gaan dien. Hulle het bymekaargekom in die tempels van die afgode.
8 Hulle het geword soos perde-hingste wat vet is en merries soek: Elkeen van hulle wil slaap by sy buurman se vrou.
9 Wil julle Ek moet hierdie dinge nie sien nie? Moet Ek mense wat so doen, nie straf oor wat hulle gedoen het nie?
10 Gaan verwoes die wingerde, maar nie alles nie. Sny af die ranke, die mense van Israel en Juda, want hulle is nie Myne nie.
11 Ja, Israel was heeltemal ontrou aan My.” Dit die Here.
12 Hulle het gemaak of die Here vir hulle niks beteken nie, hulle het gesê: “Die Here kan niks aan ons doen nie. Niemand sal ons doodmaak nie, en ons kos sal nie opraak nie.
13 Die profete praat nonsens, hulle dinge wat die Here nie gesê het nie. Wat hulle sê, sal met hulleself gebeur.”
14 Die Here, die God wat oor alles regeer, sê: “Omdat hulle dit gesê het, maak Ek nou my woorde in Jeremia se mond 'n vuur, en Ek maak hierdie volk die hout. Die vuur sal hulle brand, daar sal niks oorbly nie.
15 Mense van Israel, Ek sal nou 'n volk van ver bring om julle aan te val, 'n volk wat lankal daar is, van lank gelede af. Daardie volk praat 'n taal wat julle nie verstaan nie.
16 Hulle soldate kan almal goed oorlog maak, hulle pyle bring dood.
17 Hulle sal julle kos op-eet wat in julle koringlande of in julle huise is, hulle sal julle seuns en julle dogters doodmaak, hulle sal julle skape en bokke en beeste op-eet. Hulle sal julle wingerde en julle vyebome verwoes, hulle sal julle stede wat die sterk mure het, plat slaan met hulle swaarde.
18 Maar ook daardie tyd sal Ek julle nie almal laat sterf nie.
19 “Jeremia, hulle sal vra: ‘Hoekom het ons God die Here hierdie dinge aan ons gedoen?’ Jy moet dan vir hulle sê: ‘Julle het weggegaan van My en julle het gode van ander volke gedien in julle land. Net so sal julle ander konings dien in 'n land wat nie aan julle behoort nie.’
20 “Julle moet praat met die nageslag van Jakob, julle moet vir die mense in die land Juda sê:
21 ‘Luister wat ek sê, dwase volk, julle het nie verstand nie, julle het maar julle wil nie sien nie, julle het ore maar julle wil nie hoor nie.’
22 Die Here sê: “Ek het gesê die seewater mag kom tot by die sand langs die see, en die see het nog nooit verder gekom nie, die branders kom nader en raas hard, maar kan nie by die sand verbykom nie. Is julle nie bang vir My nie?
23 Nee, hierdie volk is hardkoppig en opstandig, hulle het weggegaan van My.
24 Hulle het nie gesê: ‘Kom ons dien ons God die Here wat die reën gee, die vroeë reën en die laat reën op die regte tyd, en wat ook die weke altyd weer laat kom wanneer ons die koring moet afsny.’
25 Dit is omdat julle verkeerd gedoen het, daarom reën dit nie. Ek het die goeie dinge weggehou omdat julle sonde doen,
26 want daar is slegte mense in my volk, hulle vang mense soos hulle voëls vang in vangstrikke.
27 Hulle huise is vol mense wat vir hulle geld skuld en vir hulle moet werk. Dit is soos 'n hok wat 'n mens vol voëls maak wanneer jy hulle vang. Hulle word ryk omdat hulle mense bedrieg,
28 hulle word vet en blink. Hulle is regters in die hof wat nie reg doen aan mense nie, hulle laat verkeerde dinge gebeur. Die slegte mense laat weeskinders en arm mense verloor wanneer hulle vra dat iemand reg moet doen aan hulle.
29 Wil julle Ek moet hierdie dinge nie raaksien nie? Moet Ek mense wat so doen, nie straf oor wat hulle gedoen het nie?” Dit die Here.
30 'n Vreeslike lelike ding het in die land gebeur:
31 Die profete bring boodskappe wat hulle nie by die Here gekry het nie, die priesters regeer soos hulle wil, en my volk hou daarvan. Maar wat sal julle doen wanneer die einde kom?