Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jeremiah 49

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here praat oor die Ammoniete, Hy sê: “Die Israeliete het seuns wat hulle goed kan erf. Hoekom het die koning van die Ammoniete die Gad-stam se grond gekry? Hoekom het die Ammoniete gaan woon in die stede van Gad?”
2 Die Here sê: “Omdat hulle dit gedoen het, sal Ek eendag oorlog laat kom in Rabba, die stad van die Ammoniete. Hulle sal die ramshorings blaas. Die stad Rabba sal 'n hoop klippe word, 'n hoop grond word waar niemand woon nie, en die vyande sal die stede naby Rabba verbrand. Dan sal die Israeliete die stede terugkry wat die Ammoniete gevat het.” Dit die Here.
3 Mense van Gesbon, julle moet huil, want die vyande sal julle stad verwoes, dit sal 'n hoop klippe word. Vroue van Rabba, julle moet skree en vra dat iemand julle moet help. Julle moet rouklere aantrek, julle moet rou, julle moet heen en weer loop tussen die mure om die koringlande, want die vyande vat julle koning weg na 'n ander land, en sy priesters en sy amptenare moet saam met hom gaan.
4 Mense van Gesbon, julle dink die valleie en die diep stroom water sal julle beskerm. Julle is opstandige mense, julle dink dit sal julle help as julle baie goed het, julle dink niemand sal julle kom aanval nie.
5 Die Here praat, die Here wat oor alles regeer, sê: “Kyk, Ek laat julle bang word vir almal rondom julle. Vyande sal julle wegjaag na al die kante toe, julle sal vlug en nie agtertoe kyk nie, en niemand sal julle bymekaarmaak nie.
6 Maar later sal Ek dit weer goed laat gaan met die Ammoniete.” Dit die Here.
7 Die Here wat oor alles regeer, praat oor die land Edom. Hy sê: “Is daar nie wysheid in die stad Teman nie? Die wyse mense weet nie wat om te doen nie. Hulle wysheid het vrot geword.
8 Mense wat in Dedan woon, julle moet vlug, julle moet omdraai en diep wegkruip, want Ek sal dit sleg laat gaan met die nageslag van Esau. Die tyd het gekom wanneer Ek hulle sal straf.
9 Wanneer ander mense julle druiwe kom pluk, dan laat hulle party druiwetrosse oorbly. Wanneer diewe in die nag kom, dan steel hulle totdat hulle genoeg het.
10 Maar Ek het self alles weggevat uit die land van Esau, Ek het die plekke oopgemaak waar hulle wou wegkruip, hulle kan hulleself nie meer wegsteek nie. Esau het nie meer 'n nageslag of broers of bure nie, en hy lewe self nie meer nie.
11 Hulle kinders het nie pa’s nie, Ek sal vir hulle sorg, hulle weduwees moet weet dat Ek hulle sal help.”
12 Die Here sê: “Ek sal dit doen, want mense wat minder skuldig was as julle, moes die beker drink. Dink julle Ek sal julle is onskuldig? Ek sal dit nie doen nie, julle sal die beker moet drink, dit is seker.
13 Ja, Ek het vir Myself belowe dat mense die naam van die stad Bosra sal noem wanneer hulle ander mense wil laat skrik of hulle wil spot of vervloek. Dit sal 'n droë plek word, en al die ander stede daar naby sal altyd net hope klippe wees.”
14 Die Here het die nuus vir my vertel, Hy het 'n boodskapper na die volke toe gestuur en gesê: “Julle moet bymekaarkom, julle moet oorlog kom maak teen Edom.”
15 Die Here vir die Edomiete: “Kyk, Ek sal julle 'n klein volk laat word, kleiner as die ander volke, die mense sal dink julle is nie belangrik nie.
16 Julle het julleself bedrieg, julle het gespog en julle was hoogmoedig. Julle het tussen die rotse hoog in die berge gewoon soos 'n arend wat sy nes op die hoogste plek maak. Maar Ek sal julle afbring van daar af.” Dit die Here.
17 Die Here sê: “Niemand sal in Edom woon nie. Almal wat daar verbygaan, sal skrik en fluit wanneer hulle sien wat met die land gebeur het.
18 Dit sal wees soos toe Ek Sodom en Gomorra en die ander stede daar naby verwoes het. Niemand sal daar woon nie, nie een mens sal daar wil bly nie.
19 Dit moet julle weet, soos die diere in 'n weiveld langs 'n waterstroom vlug wanneer 'n leeu uit die bosse by die Jordaan-rivier kom, so sal Ek die Edomiete skielik laat vlug uit hulle land en Ek sal iemand kies om oor die land te regeer. Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen? Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe?
20 Daarom moet julle hoor wat die Here besluit het oor Edom, julle moet hoor wat Hy wil doen met die mense van die stad Teman. Die vyande sal hulle kinders wegsleep, dit is seker, hulle sal al die mense wegvat uit die woonplek van die Edomiete, dit is seker.
21 Die aarde sal skud wanneer die Edomiete val, die mense by die Riet-see sal hoor hoe skree die Edomiete.
22 Soos 'n arend opvlieg en afkom en sy vlerke oopmaak, so sal die vyande na die stad Bosra kom. “Daardie dag sal die soldate van Edom so bang wees soos 'n vrou wanneer haar baba gebore moet word.”
23 Die Here praat oor Damaskus. Hy sê: “Die mense van die stede Hamat en Arpad weet nie wat om te doen nie, want hulle het slegte nuus gekry. Hulle smelt weg, hulle gaan heen en weer soos die branders van die see wat nie stil word nie.
24 Die mense van die stad Damaskus kan niks doen nie, hulle het omgedraai en gevlug, hulle het groot geskrik. Hulle is so bang en hulle kry so seer soos 'n vrou wanneer haar baba gebore moet word.
25 Almal het gepraat oor die stad, en al die mense daar was so vrolik, maar daardie stad sal nou leeg word.”
26 Daarom die Here wat oor alles regeer: “Daardie dag sal die jongmanne van Damaskus in die strate van die stad val, en die soldate sal stil word.
27 Ek sal 'n vuur aansteek teen die muur van Damaskus, en die mooi huise wat koning Ben-Hadad gebou het, sal afbrand.”
28 Die Here praat oor die stad Kedar en oor die lande van Gasor. Koning Nebukadnesar het hulle oorwin. Die Here sê: “Julle moet gereedmaak en na Kedar gaan, julle moet die Oosmense verwoes,
29 julle moet hulle tente vat en hulle skape en bokke, hulle tentdoeke en al hulle goed. Julle moet hulle kamele wegvat en julle moet vir die mense skree en sê: Daar kom skrik van al die kante!
30 Mense van Gasor, die Here julle moet vlug, julle moet weghardloop, julle moet diep wegkruip, want koning Nebukadnesar het 'n plan gemaak teen julle, hy wil iets doen teen julle.”
31 Die Here het vir Nebukadnesar gesê: “Julle moet gereedmaak en julle moet 'n volk gaan aanval wat dink hulle is veilig. Hulle stede het nie poorte wat kan toesluit nie, en hulle woon alleen.
32 Julle kan hulle kamele vat en ook hulle baie skape en bokke. Ek sal hierdie mense wegjaag na al die kante toe, hierdie mense wat die kante van hulle koppe kaal skeer. En Ek sal hulle laat bang word vir almal wat daar verbyloop.” Dit die Here.
33 Gasor sal 'n plek wees vir jakkalse, daar sal nooit weer mense woon nie, nie een mens sal daar bly nie.
34 Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat oor die land Elam. Dit was kort nadat Sedekia koning van Juda geword het.
35 Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal die pyl en boog van die mense van Elam breek, Ek sal hulle beste soldate laat sterf.
36 Ek sal die winde laat waai oor die Elamiete, die winde uit die ooste, die weste, die noorde en die suide. Ek sal hulle wegjaag voor al hierdie winde, Ek sal hulle wegjaag na al die kante toe, daar sal by elke volk 'n paar Elamiete wees.
37 Ek sal die Elamiete laat bang word vir hulle vyande wat hulle wil doodmaak. Die Elamiete sal voel hoe brand die vuur wanneer Ek kwaad is en hulle laat swaarkry.” Dit die Here. Die Here sê: “Ek stuur vyande met swaarde na die Elamiete toe totdat die Elamiete almal dood is.
38 Ek sal self in Elam regeer, Ek sal hulle koning en hulle amptenare almal laat sterf.” Dit die Here.
39 Die Here ook: “Maar later sal Ek dit weer goed laat gaan met die Elamiete.”