Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Jeremiah 46

:
Afrikaans - ABA
1 Jeremia het gehoor die Here praat met hom oor die volke.
2 Die Here het gepraat oor Egipte, oor die soldate van die farao Neko, koning van Egipte. Die soldate was in Karkemis by die Eufraat-rivier. Koning Nebukadnesar van Babel het die soldate van die farao oorwin in die vierde jaar nadat Jojakim, seun van Josia, koning van Juda geword het.
3 Die farao het gesê: “Julle moet die skilde neem en kom oorlog maak,
4 julle moet die perde inspan en op die ryperde klim, julle moet gereedstaan met helms op julle koppe, julle moet die spiese skerpmaak en harnasse aantrek.”
5 Die Here sê: “Ek sien soldate wat skrik en vlug. Party soldate sterf, ander soldate vlug, hulle staan nie stil nie, hulle draai nie om nie, die vyande is rondom hulle.
6 Die vinnige manne kan nie weghardloop nie, die soldate kan nie vry wegkom nie, hulle struikel en val by die Eufraat-rivier in die noorde.”
7 Wie is dit wat oor sy walle stroom soos die Nyl-rivier, soos 'n groot rivier met water wat raas?
8 Dit is Egipte wat oor sy walle stroom soos 'n groot rivier met water wat raas. Egipte sê: “Ek wil oor my walle stroom, ek wil die aarde toemaak. Ek wil al die stede verwoes en die mense doodmaak wat daar woon.
9 Perde, julle moet storm, oorlogkarre, julle moet wild jaag, die soldate moet uitgaan, die soldate uit die lande Kus en Put, die soldate wat elkeen 'n skild vashou, die soldate uit die land Lud, die soldate wat elkeen 'n boog vashou en styftrek.”
10 Maar daardie dag behoort aan die Here, die Here wat oor alles regeer, dit is die dag wanneer Hy sy vyande wil straf. Die vyande sal baie soldate doodmaak, die bloed sal vloei, want dit sal 'n offer wees in die land in die noorde, by die Eufraat-rivier, 'n offer vir die Here, die Here wat oor alles regeer.
11 Egipte, jy moet na Gilead gaan en jy moet balsem gaan haal, al jou eie medisyne het nie gehelp nie, jy het nie gesond geword nie.
12 Die volke op die hele aarde het gehoor toe jy die oorlog verloor en toe jy skree van die pyn, want jou soldate het oor mekaar geval en hulle het saam bly lê.
13 Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit was in die tyd toe koning Nebukadnesar van Babel gekom het om oorlog te maak teen Egipte.
14 Die Here het gesê: “Julle moet dit gaan vertel in Egipte, julle moet dit vir die mense in die stad Migdol, julle moet dit vir die mense in die stede Nof en Tagpanges, julle moet sê: ‘Julle soldate moet regstaan en gereed wees, want die vyande maak die mense oral dood.’
15 En hoekom vlug julle soldate? Hulle het nie aangehou veg nie, want die Here het hulle omgestoot.
16 Hulle val oor mekaar en hulle sê: ‘Jy moet opstaan, ons moet teruggaan na ons mense toe, na die plekke waar ons gebore is, weg van die swaarde van die vyande wat so baie van ons doodmaak.’
17 “Hulle het vir die farao, die koning van Egipte, 'n nuwe naam gegee. Die nuwe naam was: Die man wat gespog het, maar wat nie daar was toe hy oorlog moes maak nie.”
18 Die Koning praat. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer. Hy sê: “So seker soos Ek lewe, die vyande wat kom, is sterk, so sterk soos Tabor-berg wat tussen die berge is, soos Karmel-berg by die see.
19 Mense van Egipte, julle moet al julle goed vasbind, die vyande sal julle vang en wegvat. Hulle sal die stad Nof verwoes, daar sal nie meer mense woon nie.
20 Egipte is soos 'n mooi jong vers-kalf, maar daar kom 'n blindevlieg uit die noorde.
21 Egipte het soldate gehuur, en hulle was soos vet kalwers, maar hulle het ook omgedraai en gevlug, nie een soldaat het bly staan nie. Die dag het gekom, en hulle het bang geword, die tyd het gekom, die Here het hulle gestraf.
22 Egipte sal vlug, soos 'n slang wat blaas en wegseil wanneer die houtkappers in die bos kom. Die soldate van Babel kom om oorlog te maak, hulle kom soos houtkappers
23 wat die bome in die groot bos van Egipte met hulle byle afkap. Want daar is meer soldate as sprinkane, niemand kan hulle tel nie.
24 Egipte sal die oorlog ver verloor, die volk uit die noorde sal hulle oorwin.”
25 Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Ek sal nou vir Amon, die god van No, straf. Ek sal ook die farao straf, en sy gode en sy konings, die farao en almal wat dink hy kan hulle help.
26 Ek gee hulle vir die vyande wat hulle wil doodmaak, vir koning Nebukadnesar van Babel en vir sy soldate. Maar daarna sal die mense van Egipte weer in hulle land woon, soos lank gelede.” Dit het die Here gesê.
27 En julle, my dienaars, nageslag van Jakob, julle moenie bang wees nie. Mense van Israel, julle moenie skrik nie, want Ek sal julle red daar ver waar julle is. Ek sal julle nageslag red uit die land waar hulle gevangenes is. Die nageslag van Jakob sal terugkom en hulle sal veilig wees, en daar sal niks wees wat hulle pla nie, hulle sal vir niemand bang wees nie.
28 “Die Here sê: “Julle, my dienaars, nageslag van Jakob, julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Ek het julle weggejaag na ander volke toe. Ek sal daardie volke laat verdwyn, maar Ek sal júlle nie laat verdwyn nie. Maar Ek sal julle straf, Ek moet dit doen, Ek kan nie julle is onskuldige nie.