Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 65

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here sê: “Ek wou mense help, mense wat My nie gevra het nie, Ek het mense na My toe gebring, mense wat My nie gesoek het nie. Hulle was mense wat My nie aanbid het nie, maar Ek het vir hulle gesê: ‘Hier is Ek, hier is Ek.’
2 Ek het my hande na hulle toe uitgesteek, elke dag, maar hulle was opstandige mense, hulle het 'n pad geloop wat nie goed is nie, hulle het gedoen wat hulle wil.
3 Hulle was mense wat My hartseer gemaak het, hulle was altyd teen My. Hulle het vir afgode offers gebring, hulle het wierook gebrand op plat klippe.
4 Hulle bly in die nag in grafte, hulle kruip daar weg. Hulle eet varkvleis, daar is onrein vleis in hulle borde,
5 maar hulle sê: ‘Moenie naby ons kom nie, moenie aan ons raak nie, want ons is gewyd.’ Hierdie mense is soos rook in my neus, soos 'n vuur wat die hele dag aanhou brand.
6 Ek het dit opgeskryf. Ek sal nie stilbly nie, Ek sal hulle straf. Ek sal hulle straf
7 oor hulle eie sondes en oor die sondes van hulle voorvaders wat op die berge wierook gebrand het en My beledig het. Ek sal hulle straf oor hulle sondes wat hulle voorheen gedoen het.”
8 Maar die Here ook: “Wanneer iemand druiwekorrels in 'n druiwetros kry wat wyn kan word, dan hy: ‘Moenie dit weggooi nie, ons moet dit hou.’ Ek sal dieselfde doen met my dienaars, Ek sal nie almal weggooi nie.
9 Ek sal vir Jakob, vir Juda, 'n nageslag gee wat my berg kan kry. Die berg sal behoort aan die mense wat Ek gekies het en wat My dien, hulle sal daar woon.
10 My mense sal vra wat Ek wil hulle moet doen, en hulle skape en bokke en beeste sal in Saron en in die Akor-vallei wei en genoeg eet.
11 [11-12] “Maar julle wat weggegaan het van die Here, julle wat my gewyde berg vergeet het, Ek sal julle straf, want julle het offers gebring vir die afgode Gad en Meni, Ek het julle geroep, maar julle het nie geantwoord nie. Ek het gepraat, maar julle het nie geluister nie. Julle het gedoen wat verkeerd is, julle het gekies om dinge te doen waarvan Ek nie hou nie. Julle sal moet sterf. Julle sal moet kniel sodat mense julle kan doodmaak.”
12 ***
13 Ja, die Here sê: “My dienaars sal kos om te eet, maar júlle sal honger wees, my dienaars sal water om te drink, maar júlle sal dors wees, my dienaars sal feesvier, maar júlle sal ver weg bly staan.
14 My dienaars sal juig, want hulle sal gelukkig wees, maar júlle sal skree en vra dat iemand julle moet help, julle sal huil, want julle sal ongelukkig wees en baie pyn hê.
15 Ek, die Here, sal julle doodmaak, maar Ek sal vir my dienaars 'n nuwe naam gee. Die mense wat Ek gekies het om Myne te wees, sal julle name gebruik as hulle mense wil vervloek.
16 Elkeen in die land wat bid dat dit met hom goed moet gaan, elkeen wat iets belowe, sal my Naam noem, want Ek is die God wat doen wat Ek belowe. Dit sal nie weer so sleg gaan met hulle nie, Ek dink nie meer aan die dinge wat voorheen gebeur het nie.”
17 “Ek sal nou 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde maak. Niemand sal weer dink aan hierdie hemel en aarde wat nou hier is nie, niemand sal dit onthou nie.
18 Maar julle moet vrolik wees en altyd juig oor wat Ek nou wil doen, want Ek sal nou 'n nuwe Jerusalem maak, 'n Jerusalem wat juig. Sy mense sal vrolik wees.
19 Ek sal ook juig oor Jerusalem, Ek sal vrolik wees oor my volk, want hulle sal nie meer huil en skree nie, hulle sal nie vra dat iemand hulle moet help nie.
20 Kinders sal nie jonk sterf nie, almal sal oud word. As iemand sterf wanneer hy 100 jaar is, dan sal mense hy was jonk. Maar as 'n sondaar 100 jaar oud word, dan sal dit die hele 100 jaar sleg gaan met hom.
21 My mense sal self woon in die huise wat hulle bou, en hulle sal self die druiwe eet van die wingerde wat hulle plant.
22 Ander mense sal nie in hulle huise woon en hulle druiwe eet nie. Ek het my mense gekies om aan My te behoort, hulle sal so oud word soos bome, en hulle sal self die vrugte eet van die bome wat hulle geplant het.
23 Hulle sal nie werk totdat hulle moeg is en niks kry daarvoor nie, en hulle sal nie kinders kry met wie dit sleg sal gaan nie, want Ek sal dit goed laat gaan met hulle en met hulle kinders.
24 Ek sal hulle antwoord voordat hulle My roep. Hulle sal net begin bid, dan sal Ek doen wat hulle vra.
25 Wolwe en lammers sal saam wei, leeus sal gras vreet soos beeste, en die slange se kos sal stof wees. Hulle sal nie op my gewyde berg iets verkeerd doen nie, hulle sal niks breek nie.” Dit die Here.