Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 58

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here sê: “Jy moet hard skree, so hard soos wanneer iemand 'n ramshoring blaas. Jy moet vir my volk, die nageslag van Jakob, hulle is opstandig, hulle doen sonde.
2 Hulle vra elke dag wat Ek wil hulle moet doen, hulle wil graag weet wat Ek vir hulle wil leer. Hulle doen dit soos mense wat reg wil doen en gehoorsaam wil wees aan hulle God. Hulle vra Ek moet reg oordeel oor hulle, hulle wil graag Ek moet by hulle wees.
3 Maar nou wil hulle weet hoekom Ek nie sien wanneer hulle vas nie, hulle hulle verneder hulle voor My maar Ek sien dit nie. vir hulle: Julle vas, maar julle dink net aan julleself op daardie dag, en julle laat werk die mense wat vir julle werk, nog harder.
4 Julle vas, maar julle beskuldig julle werkers en julle baklei met hulle. Hulle doen niks verkeerd nie, maar julle slaan hulle met die vuis. Wanneer julle vas en julle doen hierdie dinge, dan sal niemand in die hemel luister wat julle bid nie.
5 Julle dink Ek wil julle moet julle verneder wanneer julle vas. Julle dink Ek wil elkeen moet sy kop laat hang soos 'n biesie en elkeen moet rouklere dra en op die ashoop sit. Julle dit is hoe 'n mens moet vas, julle dit is waarvan die Here sal hou.
6 Maar as julle wil vas soos Ek wil hê, dan moet julle die mense vrymaak wat gevangenes en slawe is maar wat niks verkeerd gedoen het nie. Julle moet die toue breek wat hulle vashou en julle moet die jukke afhaal van hulle nekke.
7 Julle moet vir honger mense van julle kos gee en julle moet mense wat hulleself nie kan help nie en wat nie huise het nie, inbring in julle huise. Julle moet klere gee vir mense wat nie klere het nie. En julle moenie maak of julle nie sien dat dit julle eie mense is nie.
8 Dan sal dit ook lig word in julle lewens, so lig soos wanneer die son opkom, en dit sal gou beter gaan met julle. Almal sal sien julle doen reg, en die Here self sal julle beskerm.
9 Wanneer julle dit doen en dan roep, dan sal die Here antwoord. Wanneer julle vra Hy moet help, dan sal Hy sê: ‘Hier is Ek.’ As julle ophou om mense te laat swaarkry en om ander mense te beskuldig en oor hulle te lieg,
10 en as julle jammer is vir 'n mens wat honger is en swaarkry, en julle gee vir hom genoeg kos om te eet, dan sal julle lig in die donker. Julle nag sal soos die helder dag wees.
11 Die Here sal julle altyd lei en Hy sal vir julle genoeg gee, ook op plekke waar daar nie plante groei nie. Hy sal julle sterk maak. Julle sal wees soos tuine waar daar baie water is, soos fonteine wat altyd water het.
12 Julle sal die hope klippe vat wat baie lank hier lê, en julle sal weer vir julle huise bou, en mure vir die stad. Almal sal julle is die mense wat stukkende mure weer bou en wat paaie regmaak sodat julle in die land kan woon.”
13 “Julle moet niks verkeerd doen op die Sabbatdag nie, julle moenie op my gewyde dag doen wat julle wil nie. Die Sabbatdag moet vir julle 'n feesdag wees, julle moet die gewyde dag van die Here respekteer. Julle moet die dag respekteer en nie doen wat julle op ander dae doen nie, julle moenie doen en praat wat julle wil nie.
14 Dan sal dit vir julle 'n fees wees om die Here te dien. Hy sal julle oor die hoogste plekke laat ry. Hy sal julle laat eet van die koring en die vrugte van die land van julle voorvader Jakob.” Ja, dit het die Here gesê.