Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 40

:
Afrikaans - ABA
1 Die profeet het gesê: “Julle moet vir my volk dit sal nou beter gaan, julle moet dit sal beter gaan.” Dit julle God.
2 “Julle moet die mense van Jerusalem bly maak, julle moet vir hulle hulle is nou nie meer slawe nie, hulle het klaar swaargekry. Ek het hulle klaar gestraf oor al hulle sondes.”
3 Iemand het geskree: “Julle moet in die woestyn 'n pad gereedmaak vir die Here, julle moet die pad gelykmaak vir ons God!
4 Julle moet al die valleie toegooi met grond en julle moet al die berge plat maak, julle moet die heuwels wegvat sodat die grond gelyk is.
5 Dan sal die Here verskyn en Hy sal vir almal wys Hy is die Koning. Die Here self het gesê dat Hy dit sal doen.”
6 Iemand het gesê: “Jy moet hard praat sodat almal jou kan hoor.” En ek het gesê: “Wat moet ek sê? Mense is soos gras, ook as hulle mooi en goed is, is hulle soos die veldblomme.
7 Wanneer die Here die wind laat waai oor die gras en die blomme, dan word hulle droog en hulle verlep. Ja, die mense is soos gras.
8 Gras en blomme word droog en verlep, maar die dinge wat ons God sê, sal nooit verander nie.”
9 Mense van Jerusalem, mense van Sion, julle moet die boodskappers wees wat die goeie nuus bring. Julle moet hoog op 'n berg klim en hard skree. Julle moenie bang wees nie, julle moet vir die stede van Juda sê: “Hier kom julle God!
10 Kyk, die Here kom, Hy is die Sterk God, Hy kan doen wat Hy wil doen. Kyk, Hy bring sy mense saam, sy volk is by Hom.
11 Hy sal vir hulle sorg soos 'n herder vir sy skape sorg. Hy sal die skaap-lammers bymekaarmaak en teen sy bors dra, Hy sal die ooie wat lammers het, so lei dat hulle nie seerkry nie.”
12 Wie het gesê hoeveel water daar moet wees en hoe groot die lug daarbo moet wees? Wie het gesê hoeveel grond daar moet wees en hoe hoog die berge en die heuwels moet wees?
13 Wie mag vir die Here wat Hy moet dink, wie mag vir Hom wat die regte dinge is wat Hy moet doen?
14 Vir wie het die Here gevra wat Hy moet doen? Wie het vir Hom geleer en vir Hom gesê wat die regte ding is om te doen? Wie het vir Hom geleer om alles te verstaan? Niemand.
15 Al die volke beteken niks, ook die mense by die see beteken niks. Hulle is soos 'n druppel water uit 'n emmer, hulle is soos 'n bietjie stof op 'n weegskaal.
16 Al die hout en al die wilde diere op die Libanon-berg is te min om vuur te maak en vir die Here 'n brand-offer te bring.
17 Al die volke is soos niks voor die Here, by Hom is hulle minder as niks, hulle is nul.
18 Dink julle iemand kan soos God wees? Wat kan julle langs Hom sit wat soos Hy sal wees?
19 Dink julle 'n afgodsbeeld is soos die Here? Nee. 'n Beeld is iets wat 'n ambagsman maak en met goud oortrek en met silwerkettings vasmaak.
20 Of 'n beeld is iets wat 'n ambagsman uit harde hout sny en vas laat staan sodat dit nie omval nie.
21 Weet julle nie? Het julle nie gehoor nie? Het niemand dit vir julle vertel nie? Kan julle nie verstaan nie? Dit is God wat die aarde gemaak het!
22 Sy troon is bokant die hemeldak, en die mense op die aarde lyk vir Hom soos sprinkane. Dit is God wat die hemeldak styftrek, soos 'n spinnekop se net of soos 'n tent.
23 Hy maak belangrike mense onbelangrik, Hy laat mense wat regeer, soos niks word.
24 Hulle is soos plante: Wanneer hulle nog klein is, dan laat God die warm wind oor hulle waai, en hulle word droog en die stormwind waai hulle weg soos kaf.
25 Die heilige God vra: “Dink julle daar is iemand soos Ek? Is daar iemand wat soos Ek is?
26 Kyk op. Wie het die sterre gemaak en wie het gesê hoeveel sterre daar moet wees? Wie het vir elke ster 'n naam gegee? Hulle is almal daar omdat Ek die God is wat kan doen wat Ek wil doen.”
27 Nageslag van Jakob, mense van Israel, hoekom julle die Here sien nie wat met julle gebeur nie? Hoekom julle dit maak nie vir God saak wanneer mense slegte dinge aan julle doen nie?
28 Weet julle nie, het julle nie gehoor nie? Die Here is God vir altyd, Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nie moeg nie en Hy rus nie, en niemand kan weet hoeveel die Here weet nie.
29 Die Here maak mense weer sterk wat moeg is. Hy laat mense dinge doen wanneer hulle dit self nie meer kan doen nie.
30 Seuns sal moeg word, jongmanne sal val,
31 maar die mense wat in die Here glo en wat op Hom vertrou, sal nuwe krag kry. Hulle sal vlieg soos arende, hulle sal hardloop en nie moeg word nie, hulle sal aanhou loop, en nie rus nie.