Isaiah 35ABA

1Die droë woestyn sal bly wees en juig, daar sal blomme groei in die woestyn.

2Daar sal oral blomme wees, die woestyn sal juig, meer nog, hy sal sing. Die woestyn sal so mooi wees soos die Libanon-berg of soos die Karmel-berg en die Saron-vlakte. Almal sal sien dat die Here die Koning is, hulle sal sien dat ons God kom, hulle sal die lig rondom Hom sien.

3Mense se hande hang pap en hulle knieë bewe, maar julle moet hulle sterk maak en help.

4Sê vir die mense wat moedeloos is: “Julle moet sterk wees, julle moenie bang wees nie. Kyk, julle God sal kom, Hy kom om die vyande te straf omdat hulle slegte dinge aan julle gedoen het. Julle God kom en Hy sal julle red.”

5Dan sal die blinde mense weer kan sien, en die dowe mense sal weer kan hoor.

6Dan sal lam mense soos 'n takbok spring, en stom mense sal sing, want in die woestyn sal daar fonteine wees, en riviere wat vol water is.

7Grond wat droog geword het in die son, sal vol water wees. Daar sal fonteine wees waar daar niks water was nie. Daar sal gras, riete en biesies groei waar daar net jakkalse was.

8Daar sal 'n pad wees, en die mense sal die pad noem “ Gewyde Pad.” Onrein mense en dwase sal nie op hierdie pad loop nie, net mense wat reg lewe, sal daar loop.

9Leeus en ander wilde diere sal nie op die pad loop nie. Die Here het mense gered, en net hulle sal daar loop.

10Die Here het sy mense vrygemaak, en hulle sal sing wanneer hulle in Sion kom. Hulle sal vrolik en bly wees, hulle sal nie swaarkry en huil nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 35.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.