Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 34

:
Afrikaans - ABA
1 Volke, julle moet almal luister, die aarde en alles wat op die aarde is, moet luister, die wêreld en alles wat uit die wêreld kom, moet luister.
2 Die Here is baie kwaad vir al die volke en vir al hulle soldate. Hy sal hulle almal laat doodmaak.
3 Hulle soldate sal sterf in oorlog, en die dooie liggame sal op die grond en stink. Die berge sal vol bloed wees.
4 Al die sterre in die lug sal smelt en die hemel sal toerol soos 'n boekrol. Die sterre sal val soos droë blare van 'n wingerdstok of 'n vyeboom val.
5 Wanneer die Here in die hemel sy swaard gereedmaak om bloed te laat vloei, dan sal sy swaard die Edomiete doodmaak. Hulle is die mense wat Hy wil straf, Hy wil hulle almal doodmaak.
6 Die Here hou 'n swaard vas wat vol bloed en vet is, die bloed en die vet aan die niere van skaap-ramme en bok-ramme. Die Here sal baie mense doodmaak in die stad Bosra, in die land Edom.
7 Die leiers van Edom is sterk soos buffels en bulle, maar hulle bloed en hulle vet sal op die grond val en dit sal hulle land natmaak.
8 Die Here sal die Edomiete straf oor alles wat hulle gedoen het aan Sion. Hy sal dit doen op die tyd wanneer Hy dit besluit.
9 Die water van die riviere van die land Edom sal teer word, en die stof sal swael word, en die hele land sal brand.
10 Die vuur sal aanhou brand, elke dag en nag, dit sal aanhou rook. Die land sal net hope klippe wees, en niemand sal weer deur die land loop nie.
11 Daar sal nie mense in die land woon nie, die land sal leeg wees. Daar sal net pelikane en uile woon, nag-uile en kraaie sal hulle nes daar maak.
12 Daar sal nie meer leiers wees wat die land Edom regeer nie, en daar sal nie meer amptenare wees nie.
13 Daar was voorheen mooi huise wat sterk mure gehad het, maar nou sal daar dorings en bossies groei. Daar sal jakkalse en volstruise woon.
14 Woestyn-diere sal daar bymekaarkom, veldgode sal mekaar roep, en die nag-gees sal daar woon.
15 Uile sal daar in die skaduwee op hulle eiers broei, en valke sal daar bymekaarkom, elkeen saam met sy wyfie.
16 Julle moet kyk in die boek van die Here, julle sal sien dat al daardie diere in die land Edom sal wees, elkeen saam met sy wyfie. Die Here het gesê die diere moet kom, Hy het hulle bymekaargemaak.
17 Die Here het die land Edom vir die diere gegee, Hy het vir elkeen sy eie plek gegee. Die land sal altyd aan die diere behoort, hulle sal altyd daar woon.